Geen lyfwagte vir nuwe Italiaanse premier

Matteo Penzi

Matteo Penzi

Die aangewese premier van Italië, Matteo Renzi, wil geen lyfwagte hê wanneer hy Maandag die leisels as premier oorneem nie.

Italië is al dekades lank bekend vir die aanslae van die Mafia en die Rooi Brigades op sy politici en regters.

Renzi sê egter die Italiaanse publiek om hom is sy lyfwagte.

Renzi is die baie gewilde burgemeester van Florence. Hy maak waar hy kan van sy fiets gebruik om by sy bestemming te kom, en het per trein na Rome en terug gereis toe hy as premier aangewys is.

“Ek wil nie van my fiets afstand doen om in ‘n motor te ry nie,” het Renzi aan die media gesê.

Bronne: Telegraph, BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eugenie ·

Dit wil gedoen en gesê word. Kan Zuma fiets trap met daardie lyf van hom?

Eben ·

Moenie vra Eugenie!! Weet jy wat gaan die belastingbetaler betaal vir zummie se fiets as zumaville R206milj gekos het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.