Die polisie sê dit is nog te vroeg om te spekuleer oor ʼn moontlike motief vir ʼn polisieman wat Saterdag sy vrou en twee kinders geskiet het en toe selfmoord gepleeg het.
Die polisiebeampte het na bewering sy vrou en drie maande oue babaseun doodgeskiet. Sy driejarige dogtertjie is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem. EWN berig dat die familie van die oorledenes vroeër by die gesin se woonstel bymekaargekom het. ʼn Bloedstreep van een van die deur na een van die kamers is glo die enigste teken van die grusame voorval. ʼn Buurvrou van die gesin het die polisieman as ʼn vriendelike man beskryf wat geen tekens van geweld getoon het nie. “Hy was ʼn liefling. Hy was ʼn vriendelike man wat gereeld met my staan en gesels het.”
Lees meer hier.