Geen Nkandla-program, sê e.tv

downloadʼn Artikel wat beweer dat e.tv ʼn program oor die huisvroue van Nkandla gaan uitsaai is lasterlik, het die kanaal in ʼn verklaring gesê.

“Die artikel wat vandag [Woensdag] deur Lifestyle Tabloid gepubliseer is en beweer dat e.tv beplan om ʼn werklikheidsreeks genaamd Zuma’s Housewives uit te saai, is kwaadwillige, vals en moedswillig,” het Matlapulana Ragoasha, woordvoerder van e.tv, in ʼn verklaring gesê. “Dit is belangrik om dit op rekord te plaas dat e.tv nie betrokke is by so program, wat minagtend teenoor die president van Suid-Afrika is, nie.” Ragoasha sê die artikel ondermyn e.tv se integriteit. Lifestyle Tabloid het Woensdag ʼn artikel gepubliseer getiteld ‘Zuma’s Housewives Reality Show To Launch on e.tv’. Ragoasha sê hulle verstaan nie die motief van die artikel nie. “Ons weet nie of dit ʼn publisiteitsfoefie is en of dit kwaadwillig van aard is nie maar spreek ons teleurstelling en kommer uit oor die publikasie daarvan. E.tv sal die maatskappy of individu wat verantwoordelik is vir die publikasie probeer opspoor en so gou as moontlik regsaksie neem.”

Lifestyle Tabloid het vroeër die week ook vir omstredenheid gesorg met ʼn artikel wat beweer dat Ferial Haffajee, redakteur van City Press, in hegtenis geneem is nadat City Press ʼn foto van Nkandla gepubliseer het. Haffajee het op Twitter bevestig dat die artikel vals is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Matlapulana Ragoasha op grond waarvan gaan julle die persoon aankla ….. komaan word groot ons skrik lankal nie meer vir anc baba-maak-gogga-bang praatjies.

Peter Says ·

Kinderagtige stellings verdien kinderagtige reaksie….Kry vir julle !!!!!

Flash ·

A heck! Ek het nogal gedink ek sal dae sit en kyk na hoe die rykes leef. (Nie dat ek ooit E-TV kyk nie, maar siende my DSTV rekening deesdae so hoog is het ek besluit om dit maar te kanseleer.)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.