Geen nuus oor ontvoerde SA-paartjie

Pierre Korkie wat in Jemen ontvoer is

Die regering kon nog nie bepaal waar ‘n Suid-Afrikaanse paartjie, wat in Jemen ontvoer is, hulself bevind nie.

“Verskeie stappe is gedoen in ‘n poging om Pierre en Yolande Korkie te bevry,” het Ebrahim Ebrahim, adjunkminister van die departement van internasionale betrekkinge, Vrydag gesê. “Daar is tans geen inligting oor waar die egpaar aangehou word, wie hulle ontvoer het en waarom hulle ontvoer is nie. Ons doen alles in ons vermoë en ons is in kontak met die familie om te bepaal waar die egpaar hulleself bevind.”

Volgens Ebrahim kry hulle volle samewerking van die regering van Jemen. “Tot dusver was daar nog nie enige inligting van die ontvoerders af nie.”

Gewapende mans het die paartjie verlede maand uit die stad Taiz, Jemen, ontvoer. Die Suid-Afrikaanse ambassadeur, wat in Saoedi-Arabië baseer is, is betrokke in diplomatieke pogings om die paartjie te bevry.

Die paartjie, wat aanvanklik vir toeriste aangesien is, was betrokke in die ontwikkeling van ‘n hotel in Taiz, het Suid-Afrikaanse owerhede verlede maand gesê. Ebrahim het die media gewaarsku om nie te veel besonderhede bekend te maak nie, aangesien dit die egpaar se posisie kan benadeel.

Ebrahim sê berigte wat vroeër aangedui het dat die paartjie deur Al-Qaeda-militante aangehou word, is ongegrond. “Ons kan dié bewering nie staaf nie. Daar is geen bewyse dat die paartjie deur Al-Qaeda ontvoer is nie.”

Lees alles oor Pierre Korkie.

Lees ook:
Ontvoerde SA’ners in Jemen is egpaar van BFN
SA-egpaar glo deur Al-Qaeda aangehou
Stappe om ontvoerde SA-egpaar te bevry

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.