Geen parool vir Vlakplaas-bevelvoerder

Eugene de Kock

Eugene de Kock, die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, se paroolaansoek is afgekeur.

Die departement van korrektiewe dienste het gesê sy aansoek sal weer in 2014 heroorweeg word, het Beeld Woensdag berig.

De Kock (63) is in 1996 twee keer tot lewenslange tronkstraf gevonnis plus nog 212 jaar nadat hy skuldig bevind is op 89 aanklagte van onder meer moord, poging tot moord, sameswering, aanranding, ontvoering, en die onwettige besit van vuurwapens en bedrog.

Sbu Ndebele, die minister van korrektiewe dienste, oorweeg die advies van die nasionale adviesraad oor korrektiewe dienste onder leiding van regter Siraj Desai en nog twee regters, in paroolaansoeke.

Ndebele oorweeg sedert Desember verlede jaar 348 paroolaansoeke van gevangenes wat tans lewenslange tronkstraf uitdien.

– Sapa

Lees ook:
De Kock vra om vergifnis
Eugene de Kock vir parool oorweeg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.