Geen rede tot kommer oor Madiba se gesondheid, sê presidensie

Mandela. Foto: GCIS

Die presidensie het Maandag bekend gemaak dat daar geen rede is om oor oud-president Nelson Mandela se gesondheid bekommerd te wees nie.

Mandela is sedert Saterdag in ‘n Pretoriase hospitaal nadat hy opgeneem is om “toetse te ondergaan”. “Mandela is in goeie hande en het ʼn goeie mediese span,” het Mac Maharaj, die presidensie se woordvoerder, gesê.

Mandela is in Februarie vanjaar in die hospitaal opgeneem om ʼn laparoskopie te ondergaan. In Januarie 2011 is Mandela in die hospitaal opgeneem vir ʼn infeksie in sy bors en het dit tot grootskaalse paniek gelei aangesien die regering nie besonderhede oor sy gesondheid bekend wou maak nie.

Maharaj sê voorts meer besonderhede oor Mandela se gesondheid sal deurgegee word, sodra meer inligting van dokters beskikbaar is. Maharaj het ʼn beroep op die media en publiek gedoen om Mandela en sy familie se privaatheid te respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.