Geen sekerheid oor ontvoerde Pierre Korkie

Pierre Korkie

Pierre Korkie

Die Gift of the Givers het Dinsdag gesê daar is geen sekerheid oor die gesondheid van die ontvoerde Pierre Korkie in Jemen nie.

“Ons het geen konkrete inligting oor Pierre se gesondheid, waar hy homself bevind of bewys van lewe nie,” het Imtiaz Sooliman, hoof van die organisasie, in ʼn verklaring gesê. “Ons het ʼn dooiepunt bereik.”

Sooliman sê hulle het 29 dae gelede enige kommunikasie met Al-Kaïda gehad. Intussen het 17 dae verloop sedert die tweede sperdatum om die losprys te betaal, verval het.

Al-Kaïda-militante het Korkie en sy vrou Yolande in Mei 2013 in Taiz ontvoer. Yolande is sonder ʼn losprys vrygelaat en het op 13 Januarie in Suid-Afrika geland. Die Gift of the Givers het gehelp om haar vrylating te bewerkstellig.

Sooliman het Dinsdag gesê die organisasie het deur internasionale media probeer kontak maak met Al-Kaïda. Hulle het ook ʼn onderhoud met hul kantoorbestuurder in Jemen, Anas al-Hamati versprei. Al-Hamati moes teen die einde van Januarie uit Jemen vlug nadat Al-Kaïda hom daarvan beskuldig het dat hy die losprys gesteel het.

Alle pogings om met Al-Kaïda in verbinding te tree was tot dusver tevergeefs.

Die organisasie het intussen ook ʼn stamhoof van Al-Hamati se stam versoek om ander sjeiks te vra om hom met Al-Kaïda in verbinding te bring. Slegs een sjeik het reageer en gesê Korkie lewe, maar is baie siek.

“Hulle het selfs gesê Pierre is doof en die gemeenskap kommunikeer nou skriftelik met hom. Dit is die waarheid oor kommunikasie met Pierre. Yolande het dit bevestig,” het Sooliman gesê. “Hulle het ook gesê Pierre is nie by hulle nie, maar saam met ʼn ander leier in ʼn afgesonderde gebied. Geen verdere inligting is beskikbaar nie.”

Ná ʼn versoek om weer met die leier kontak te maak, was daar in 10 dae geen reaksie nie. Sooliman sê ʼn span is op pad na Abyan om te poog om met Al-Kaïda kontak te maak. “Dit is ʼn lang reis en die span is nog op pad. Ons wag nou vir die uitslag van dié poging terwyl Pierre, as hy nog leef, se gesondheid nog verder verswak,” het hy gesê.

Korkie se ontvoerders eis ʼn losprys van R32.5 miljoen.

Lees ook:
Pierre Korkie: 48 uur-spertyd verval vandag
‘Vordering’ in Korkie-saak
Pierre Korkie leef sê bron
Geen nuus van Korkie-ontvoerders
Jemen-bemiddelaar ís geloofwaardig – AFP
Korkie-”bemiddelaar” se geloofwaardigheid bevraagteken
“Ontvoerders sal Korkie nie teregstel nie”
Video: Yolande Korkie doen finale beroep vir haar man se vrylating 
Pierre Korkie: Ontvoerders swyg; spertyd kruip nader
Korkie-onderhandelaar vlug na Dubai
Pierre Korkie: Onderhandelinge erg gespanne
Pierre Korkie lewe- Ebrahim
Pierre Korkie: Al-Kaïda maak kontak
Ebrahim doen emosionele beroep op Korkie se ontvoerders
Yolande Korkie nie in staat tot onderhoude nie
Nuus van Korkie-ontvoerders
“Onheilspellende stilte” van Korkie-ontvoerders 
Ebrahim na Jemen vir Korkie-gesprekke
Korkie-gyselaarsdrama: “Groep is hardekop”
Nuuskommentaar: Om Korkie-losprys te betaal of nie…
“Die ergste oomblik van my lewe” – Yolande Korkie
Yolande Korkie pleit vir haar man
Yolande Korkie deel vandag haar storie
Dreigemente van Korkie-ontvoerders
Pierre Korkie: Onderhandelings is ingewikkeld
Onderhandelinge duur voort vir Pierre Korkie
Organisasie wil bewys Pierre Korkie is ʼn SA’ner
Onderhandelings duur voort vir Pierre se vrylating
Een van Korkie-egpaar vrygelaat
Nederland-paartjie in Jemen vrygelaat 
Video: Nederlandse paartjie pleit om hul lewe
Geen nuus oor ontvoerde SA-paartjie
Stappe om ontvoerde SA egpaar te bevry
SA egpaar glo deur Al-Kaïda aangehou
Ontvoerde SA’ners in Jemen is egpaar van BFN
Jemen-ontvoering: Vyf verdagtes in hegtenis geneem
SA-diplomate na Jemen oor ontvoerde paartjie
Ontvoerdes in Jemen wel van SA
Gerugte van ontvoerde SA’ners in Jemen ondersoek
Twee van SA glo in Jemen ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.