Géén slange op die vliegtuig nie

Argieffoto

Argieffoto

Sekuriteitswagte van OR Tambo Internasionale Lughawe het beslag gelê op ʼn vyfjarige dogtertjie en haar sesjarige boetie se twee materiaalslange, het The Star Donderdag berig.

“Hulle het gesê ʼn replika van ʼn slang word nie toegelaat nie,” het die kinders se pa, SJ Botha van Kaapstad, aan die koerant gesê. “Dit is nie ʼn plastiekding nie. As dit een van daardie rubberslangetjies was, dan kon ek nog verstaan. Maar hierdie is soos ʼn teddiebeer, die kinders gebruik dit vir kussings.”

Hy sê die wagte het verlede Donderdag probeer om die slange by die sekuriteitskandeerders te konfiskeer. Die kinders se oom, wat nie die vlug van Johannesburg na Kaapstad meegemaak het nie, het die slange saam met hom huis toe geneem.

Unathi Batyashe-Fillis, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy (Acsa), het gesê indien enigiemand vermoed dat die sekuriteitswagte onwettig opgetree het, moet hulle met die maatskappy of die polisie in verbinding tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Ek glo dit nie. Dis om van te huil!!! Is die sukiriteitswagte en die maatskappy dan heeltemal mal!!!???

Jasper ·

As hul van Mahlangu was sou dit nie gebeur het nie. Hy’s wit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.