Geen verhoging vir Zuma nie

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

President Jacob Zuma het aangekondig dat alle openbare amspdraers ʼn 5%-salarisverhoging sal kry terwyl hy self nie vanjaar ʼn salarisverhoging sal neem nie.

Mac Maharaj, die presidensie se woordvoerder, sê die verhoging is terugwerkend van 1 April 2013 af. Hy sê Zuma het die besluit geneem nadat hy die bekostigbaarheid van die verskillende vlakke van vergoeding, die huidige maatskaplike en ekonomiese konteks en inflasie in ag geneem het. Maharaj sê Zuma het ook aanbevelings van die onafhanklike kommissie oor vergoeding vir openbare ampsdraers in ag geneem. Die kommissie het voorgestel dat ampsdraers wat minder as R500 000 per jaar verdien ʼn verhoging van 7% moet kry terwyl die wat tussen R500 000 en R800 000 verdien ʼn verhoging van 5% moet kry. Daar is ook voorgestel dat ampsdraers wat tussen R800 000 en R1 miljoen verdien ʼn verhoging van 4% moet kry terwyl ampsdraers wat meer as R1 miljoen per jaar verdien nie ʼn verhoging moet kry nie. Ampsdraers sluit onder meer die president, adjunkpresident, ministers, parlementslede, burgemeesters en regters in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Demokraat ·

En die meeste van hierdie sogenaamde ampsdraers is politieke aanstellings wie se primêre taak dit is om die ideologie van die ANC uit te dra – op staatskostes en dus vir die rekening van die belastingbetalers. Dis vanweë hierdie politieke aanstellings dat meeste departemente in ‘n warboel is en talle munisipaliteite onder administrasie is. En verder ook die rede hoekom korrupsie, bedrog en diefstal hoogty vier.

Zuma hoef in werklikheid nie eens ‘n vergoeding te ontvang nie want die Staat het ‘n luukse dorp by Nkandla vir hom gebou. Nou skep hy my sy aankondiging die indruk dat hy die land en sy mense ‘n guns doen deur nie ‘n verhoging te neem nie. Hy bluf slegs sy oningeligte onderdane en dié wie hy al jare lank manipuleer.

Herman van Romburgh ·

En die ampsdraers wat R122 000 per jaar verdien wat n skamele 6% verhoging kry is n skande….!

Chris ·

Ek sou ook nie n verhoging geneem het as ek R219 miljoen van die belasting betalers se geld geneem het nie

Mariaan ·

Presies! Asof hy dit in elk geval nodig het! Dink seker hy smeer almal heuning om die mond. As sy skandaal nie uitgekom het nie, sou hy vir homself ñ groter verhoging gegee het. Hy gaan in elk geval op een of ander sorg dat hy dit kry!!

martin ·

En om dan te sê dat hy nie geweet het van al die kostes by Nkandla nie!! WAs daar al ooit ñ dommer president in hierdie wêreld? Jou hele huis word opgradeer en verskuif en jy dink dis maar natuur verskynsels? Nooit gaan dit deur sy gedagtes dat daar moontlik kostes daaraan verbonde sal wees nie!! Sorry sorry! Apologie! Ons oorskat hom! Hy sal nie so dink nie. Die man het geen skoolopleiding !! Dink net hoe die res van die wereldhieroor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.