Geen verwyt ná windbuks-dood

Argieffoto

Argieffoto

Daar is geen sprake van skuld of verwyt nadat ʼn vrou per ongeluk deur haar jong dogter met ʼn windbuks doodgeskiet is nie, het die Volksblad Maandag berig.

“Dit was ʼn tragiese ongeluk wat die lewe van ʼn wonderlike persoon geëis het,” het ʼn woordvoerder van die familie aan die koerant gesê.

Die 12-jarige meisie het haar 45-jarige ma op Oukersaand by hul huis in Oude Westhoff, Bellville in Kaapstad, in die bors geskiet. Die windbuks was haar 14-jarige broer se Kersgeskenk.

Die woordvoerder ontken bewerings op sosialemedia-netwerke dat die vrou geskiet is terwyl die dogter vir ʼn foto poseer het.

Die ma is in die bors getref en het dieselfde aand in die hospitaal aan haar beserings bewyk. ʼn Gedenkdiens is Saterdag vir haar gehou.

Die uitslag van ʼn nadoodse ondersoek is nog nie bekend nie.
-SAPA

Lees ook:
Video: Debat oor windbuks-dood
12-jarige skiet ma per ongeluk op Oukersaand dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annette ·

Hoe is dit moontlik dat die moeder gesterf het met n windbuks skoot.

Eben ·

Glo slagaar onder arm getref en dood gebloei. My vraag is net wie het die windbuks gelaai?

marieta ·

Dit is deesdae algemeen dat ‘n windbuks as ‘n “goeie geskenk” vir n jong seun gekoop word. Ek hoop net dat die jong kinders opleiding saam met die mooi skietding ontvang, om kennis en veiligheid te verseker. Dit is steeds ‘n vuurwapen wat met respek hanteer moet word, en nooit sonder toesig nie. Dit is bloot natuurlik dat ander lede van die gesin graag ‘wil kyk’ – my ouma het altyd gewaarsku: “Die duiwel laai daardie geweer . . .” Dit is jammer wat gebeur het – my hart gaan uit na hierdie famielie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.