Geen wedlope vir Oscar

Oscar Pistorius

Oscar Pistorius sal nie dié seisoen aan wedrenne deelneem nie, het sy agent Maandag, weke voor die Paralimpiese atleet weer in die hof moet verskyn, gesê.

Die besluit beteken dat Pistorius nie sal deelneem aan die Wêreld Atletiekkampioenskap, wat Augustusmaand in Moskou, Rusland, aangebied word, nie. “Hy het besluit dat hy nie weer op die baan gaan verskyn nie, en dat hy nie aan enige kompetisies of enigiets anders gaan deelneem vir die res van die jaar nie,” het Peet van Zyl aan AFP gesê. “Oscar fokus tans op sy hofsaak en is nie fisies of geestelik in staat om op top vlak deel te neem nie.”

Die sogenaamde lemnaeler, met sy kenmerkende kunsledemate, moet op 4 Junie weer in die hof verskyn nadat hy glo sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie vanjaar in sy huis doodgeskiet het.

Van Zyl sê hy het net ná die skietvoorval alle verpligtinge gekanselleer. “Dit was tot en met Julie en ons het sedertdien nie eers oorweeg om na enige tipe kompetisie te kyk nie. Die organiseerders van ‘n wedloop in Londen in April het aangedui dat Pistorius nie aan die wedloop kan deelneem nie, maar Pistorius en sy agent het gesê hulle het nie enige planne gehad om internasionaal deel te neem nie. Pistorius het toestemming ontvang om internasionaal te reis nadat hy suksesvol was met sy appèlaansoek teen sy aanvanklike streng borgvoorwaardes.

Die atleet het na die skietvoorval aangevoer hy het Steenkamp geskiet omdat hy haar vir ‘n inbreker aangesien het.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.