Geheue soos ‘n olifant!

Nelson Dellis

Saterdag was vir bergklimmer Nelson Dellis inderdaad ʼn onvergeetlike dag toe hy die VSA Geheuekampioenskap vir die tweede keer in soveel jaar losgeslaan het, berig SAPA.

Dié Florida-man en bergklim-entoesias het sewe ander finaliste, wat as intellek-atlete bekend staan, in New York uitgestof. Deelnemers se verstandelike fiksheid is deur breingimnastiek getoets deur 99 name en gesigte te onthou, ʼn gedig van 50 reëls, en die volgorde van ʼn geskommelde pakkie speelkaarte. Dellis (27) het ʼn onvergeetlike vertoning gelewer deur sy eie rekord in die lukrake syfer-kategorie te breek deur 303 syfers binne vyf minute te memoriseer. Die stigter van die 15-jaar oue kompetisie, voormalige IBM-besigheidsman, Tony Dottino, sê sy doel was om te wys hoe ʼn mens se verstand geoefen en verbeter kan word – net soos enige ander gedeelte van mens se liggaam. “Oefening kan jou help om jou breinkrag te verbeter,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.