Gekaapte Gauteng-vrou veilig

Jomi Vermaak.

Jomi Vermaak, ‘n 21-jarige vrou van Pretoria, is binne twee ure opgespoor nadat sy Maandag  gekaap en ontvoer is.

Maroela Media het vroeër berig Vermaak is deur twee of drie mans in Eldoraigne uit haar voertuig gepluk en agter in haar voertuig in gedwing.

Die Wierdabrug-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die voorval op Twitter bevestig en ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om op die uitkyk te wees vir die voertuig. Lees meer hier.

Die GPF het twee ure na die voorval plaasgevind het die goeie nuus meegedeel dat sy gevind is. Sy is tans by die polisiestasie in Atteridgeville, noord van Pretoria.

Na wat verneem word, is sy ongedeerd. Volgens die GPF het die verdagtes haar skoene en waardevolle besittings gesteel en haar naby die polisiestasie afgelaai.

Die GPF het almal bedank wat inligting oor die voertuig versprei het in ʼn poging om haar op te spoor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.