“Gekaapte” pa weer in die hof

Leon van Rensburg

Leon van Rensburg, ʼn IT-spesialis van Durban, wat in Oktober valslik beweer het hy is gekaap en vir drie dae lank as gevangene aangehou, het Maandag in die landdroshof in Pinetown verskyn.

Van Rensburg (52) het ʼn grootskaalse polisiesoektog veroorsaak nadat hy ʼn SMS aan sy dogter gestuur het, “Help, gekaap.” Van Rensburg het sy gesin meer as twee dae later gekontak, berig Beeld. Hy het teen die einde van Oktober in die hof verskyn in verband met beweerde regsverydeling nadat hy ʼn tweede keer verdwyn het voor die polisie hom in hegtenis kon neem.

Van Rensburg is in Kaapstad aangekeer en na die St Joseph-psigiatriese hospitaal in Durban geneem vir behandeling.

Die saak is tot 13 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

-SAPA

Lees ook:
“Gekaapte” pa opgespoor
“Gekaapte” pa weer vermis, lasbrief uitgereik
Gekaapte pa waarsku ander
Gekaapte pa veilig
Man steeds vermis ná kaping

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.