Geld dalk motief vir regter se moord

Patrick Maqubela

Patrick Maqubela

ʼn Finansiële motief kan moontlik gekoppel word aan die voortydige afsterwe van waarnemende regter Patrick Maqubela, het regter John Murphy Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê.

“Die staatsaanklaer glo die beskuldigde, Thandi Maqubela, het ʼn onderduimse motief gehad en inligting bekom oor ʼn lewenspolis,” het hy gesê. “Daar is meriete in dié aantyging. Die dood het die beskuldigde in ʼn posisie geplaas om miljoene te erf wat nie sou gebeur het indien hy ʼn paar weke vroeër dood is nie.”

Thandi Maqubela en haar medebeskuldigde, Vela Mabena, het onskuldig gepleit op aanklag dat hulle haar man, waarnemende regter Patrick Maqubela, op 5 Junie 2009 in sy huis in Seepunt, Kaapstad, met kleefplastiek versmoor het. Maqubela het ook onskuldig gepleit op aanklagte van bedrog en vervalsing oor ʼn dokument wat sy aanvoer is haar man se testament.

Murphy sê die regter het die polis ʼn paar weke voor sy afsterwe uitgeneem en een premie van R17 000 betaal. Die polis het met sy afsterwe R20 miljoen aan sy boedel uitbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blikskim ·

Die Polisie moet gaan kyk of hy nie deel was van die komplot nie. Miskien het hy aan ‘n ongeneeslike siekte gely en dit was die manier om vir sy gesin te sorg. Die vervalste dokumente pla egter met die teorie. Vreemder goed het al gebeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.