Bankbase verwerp Mynbouhandves en gronddebat

Maria Ramos. Argieffoto.

President Cyril Ramaphosa het nog ’n knou gekry.

Dit nadat twee van die land se voorste bankbase, Maria Ramos van Absa en Mike Brown van Nedbank albei die Mynbouhandves en gronddebat ondubbelsinnig verwerp het.

Volgens dié paar doen dit meer skade as goed en ontsenu buitelandse beleggers.

Beide banke het die afgelope twee dae finansiële verslae uitgereik. Volgens beide Brown en Ramos is daar duidelike tekens dat die sakesektor sukkel.

Brown het daarop gewys dat voorskotte aan die sakesektor geen groei getoon het nie.

Beide hy en Ramos het te kenne gegee dat die netelige kwessie van die Mynbouhandves en gronddebat waarskynlik belegging na Suid-Afrika gaan belemmer.

En albei het sterk vertoë gerig dat iets gedoen moet word om ekonomiese groei te stimuleer wat nodig is vir werkskepping.

Brown sê dat teen hierdie pas dit waarskynlik ’n gegewe is dat Ramaphosa se plan om $100 miljoen se beleggings na Suid-Afrika te lok nie suksesvol gaan wees nie.

Hy sê dat die twee kwessies juis pertinent vir beleggers is.

“Dit sluit die regte van die besit van grond in, terwyl die Mynbouhandves nie juis veel doen om beleggers te kalmeer nie,” het hy bygevoeg.

Volgens Brown het Nedbank geen leningsbeleid verander om die grondkwessie en die debat daaroor in ag te neem nie. Brown het gemaan dat die gronddebat deursigtig hanteer moet word.

Nedbank se wins het vir die ses maande tot Junie met 26% gestyg. Dit was grootliks te danke aan sy Wes-Afrika-operasies wat onder Ecobank val. Brown sê die Ecobank is veral gehelp deur die herstel in die olieprys en die herstrukturering wat deur Nedbank geïmplementeer is.

Die Nedbank-tak in die Tuine-sentrum in Kaapstad (Foto: Gardens Shopping Centre)

Nedbank besit 20% van Ecobank.

Ramos het intussen laat blyk dat Absa steeds dieselfde hoeveelheid landboulenings aan boere toestaan, ondanks die gronddebat.

Sy het ook erken dat Absa se skeiding van die Britse bank Barclays die Suid-Afrikaanse bank R1,4 miljard uit die sak gaan jag. Dit het daartoe bygedra dat die bankgroep se halfjaarwinste met 4,4% gedaal het.

Ramos het daarop gewys dat die grondkwessie met omsigtigheid hanteer moet word. Sy sê daar moet gewag word dat die parlementêre proses voltooi moet word en dat die Grondwet wel voorsiening maak vir onteiening sonder kompensasie.

Sy sê die hele debat is besig om onsekerheid te veroorsaak en belemmer ekonomiese groei.

Onder die kritici binne die ANC wat die twee populistiese besluite gekap het, is die vorige minister van finansies, Trevor Manuel, wat ook deur Ramaphosa as gesant aangestel is om beleggings na die land te lok.

Ontleders sê die twee kwessies is besig om ’n kloof binne die ANC te vorm en Ramaphosa sal nou moet besluit wat hy gaan doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Leslie ·

As Onteining sonder kompensasie ingestel word, gaan hierdie land vinniger sy alie sien as wat julle ogies kan knip.

John ·

CR het vir 25 jaar vir die wit paviljoen gespeel om sy gewildheid te groei as die vrome Mandela-lieflingseun. So beland hy in topbesture wat hom as landsleier begin sien wat die ekonomie verstaan en sal groei. En nou moet almal hom smeek om te wees wie ons gedink het hy was. Banke moet saam bid want as eiendomsreg duik, duik private bankdienste en demokrasie saam in die lee brandpoel met die x-prez en mev-x aan’t luier op die wal vol van sonbrandolie ensovoorts.. en hulle lag dat die trane rol…

Grondeienaar ·

Die banke gaan vou van die boere gaan nie die banke betaal indien hulle hulle grond verloor nie.
Wel ek gaan beslis nie die bank verder betaal indien my grond gegryp gaan word nie.
Dit is verseker.
Ek sal ook sorg dat daar niks is mee te boer nie – dit was ‘n wasteland wees.

Grondeienaar ·

Korreksie – laaste sin – Dit sal ‘n wasteland wees.

Jannie ·

Maria Ramos – Trevor Manuel se vrou – sovêr ek weet? Interressant!!!

Johanna Botha ·

My huis gaan ek self brand en nie bank kry nie een rooi sent verder nie !

Frikkie Geld en huis ·

Jy sê die bank kry nie een sent verder nie. Dit beteken dat jy steeds ‘n verband op jou eiendom het. Jy gaan dus die bank se huis afbrand. Groot probleme vir jou, sussie.

Oom Kalahari ·

Dit is hartseer, maar boere moet alle produseringe staak tot daar volledige klarings is oor grond kwessies en laat hierdie regering voel aan hul sakke wat is invoer kostes en die ware betekenis van sy boere en ekonomie. As hul wel boere se grond neem dan vernietig alles al is dit hoe hard vir al die jare se geswoeg, maar besef hul gaan hierdie boere skielik verras en opdaag en alles opeis en hul van die grond af onder toesig verwyder.

Susan ·

Miskien moet hul eerste CR, Ramos & Gordon se eiendom vat sonder kompensasie, dan kan ons sien hoe dit vir hulle werk. Stel julle solank die voorbeeld & ons sal by julle hoor hoe dit julle affekteer

Ek ruik ‘n rot – lyk of die elite untouchable is hier in SA

Anoniem ·

President Ramaphosa, GOD sal nie toelaat dat jy regkry wat JY wil nie en onthou Jy moet nog eintlik weer verkies word as ONS LAND se President ! Het JY dit geweet ?????

Gerhard ·

Jare gelede toe ek en ander “verkramptes” mense daarop gewys het dat die twak wat nou al vanaf 94 gebeur sal gebeur as hulle ja stem was daar ook vir my vertel God sal nie toelaat dat dit gebeur nie. God sal vir Homself besluit wat Hy doen of nie doen nie.

Chrisjan Trane ·

Anoniem het jy geweet dat voor 1994 se verkiesing het mense ook gesê God sal nie toelaat dat niechristene of antichristen die land gaan regeer nie. Daar was ook gesê God sal nie toelaat dat godsdiens uit skole gedryf sal word nie. Hoe weet jy dat hierdie hele storie nie juis God se wil is nie? Of dalk het God steur God Hom nie eers aan wat ons dink of voel hieroor nie.

Saamprater ·

Met CR se heel eerste toespraak toe hy soos n skootbrakkie agter EFF aangehol het met hulle grondgryp malligheid het die ekonomie bykans oornag tot n stildtand gekom en intussen het hy niks gedoen om die ekonomie aan te help nie. Die faksie in die ANC wat nie vir CR ondersteun nie maak dinge ook moeilk want Met dié grondgrype wat gebeur en die SAPS as “eerste reageerders” blykbaar gestop word om op te tree asook daaglikse anti-dienslewering optogte.
Hulle altwee faksies is daarop uit om die land op die brandstapel te plaas net om n punt te bewys.
Die blanke minderheid moet begin besliute neem oor wat hom te doen staan in dié volgende maand of ses, anders gaan alles op ons inplof

Cherokee ·

Miskien moet die blanke minderheid ‘n betoging begin met baniere wat sê “Zuma must be back!”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.