China se hulp goeie nuus vir plaaslike ekonomie

Brics-leiers by die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg (26 Julie 2018) Foto: Siyabulela Duda, GCIS

Suid-Afrika het ’n driedubbele dosis goeie nuus ontvang by die jaarlikse Brics-beraad wat vanjaar in Suid-Afrika gehou word. Die beraad, die tiende van die organisasie, word in Johannesburg gehou en al die politieke leiers van die Brics-lande, insluitend Wladimir Poetin van Rusland woon dit by.

President Xi Jinping het tydens samesprekinge met sy Suid-Afrikaanse eweknie, Cyril Ramaphosa, beloof om R200 miljard in die land die belê. Boonop het ook onderneem om meer Suid-Afrikaanse invoere aan te skaf om handelsbande te verstewig.

Die derde stukkie goeie nuus was dat China ook geldelike hulp aan Eskom en Transnet gaan verleen.  Die doel hiervan was om sterker ekonomiese bande te smee.

Albei is gewone kommersiële lenings wat deur die regering gewaarborg word.

Die lening aan Eskom is deel van ’n $5 miljard-pakket wat reeds in 2016 aangegaan was. Eskom sal $2,5 miljard dollar gebruik vir die Medupi-kragsentrale.

Die Medupi-kragsentrale in Limpopo is reeds met $1,5 miljard dollar gefinansier.

China is tans Suid-Afrika se grootste handelsvennoot.

Ontleders sê dit sal veral vir Eskom help om uit die finansiële moeras waarin hy verkeer, te kom. Ondanks die inspuiting het die kragvoorsiener steeds nóg kapitaalinspuitings nodig. Die kragvoorsiener se finansies is benard en het dit verlede week weer ’n groot verlies vir sy vorige boekjaar aangekondig.

China het beloof om R33 miljard in Eskom te belê. Die geld word deur die Chinese Ontwikkelingsbank voorsien. Die lening bring mee dat Eskom nou twee derdes van die kapitaal wat hy vir vanjaar nodig het, verkry het.

Die vervoermaatskappy Transnet het ’n langtermynlening met die Nywerheids- en Kommersiële Bank van China onderteken. Naspers, wat ’n belang in die Chinese maatskappy Tencent het, het ook ’n lening aangegaan.

Volgens Ramaphosa was China gereed om in Suid-Afrika te belê en saam met die land te werk in sektore soos infrastruktuurontwikkeling, die groen ekonomie, en in wetenskap en tegnologie.

Hy het aangedui dat handel ook ’n verdere hupstoot gaan kry. Daar is, onder meer, na ’n toename in handel gekyk, asook om sektore te identifiseer vir toekomstige beleggings en die promosie van toerisme.

In ’n verklaring het Xi gesê dat verhoudinge tussen Suid-Afrika en China by ’n nuwe historiese beginpunt is. Hy sê dat die samesprekinge met Ramaphosa vrugbaar  was, en daar is bespreek  hoe om die strategiese vennootskap verder te ontwikkel.

Die nuus oor die beleggings het die rand ’n hupstoot gegee. Die geldeenheid het giste met bykans 1% tot R13,34 teenoor die Amerikaanse dollar verstewig.

Valutahandelaars se die geldeenheid het munt geslaan uit die nuus dat Suid-Afrika nuwe vaste direkte buitelandse beleggings gaan lok.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

privaat ·

sal eerder sien dat die chinese mer eskom en transnet sit voordar hulle sal privatiseer en SA SA hou. die mense se sin vir logika is verstommend.

Francois le Cochon ·

Goeie nuus? Wat is die voorwaardes. China sal nie geld beskikbaar stel as hulle nie daarby baat gaan vind nie. Die groot telekommunikasie maatskapye (Siemens, Alcatel, Nokia, Ericsson) is doodgedruk in Afrika deur China, Hauwei verskaf telefoon telekommunikasie toerusting gratis in Afrika. Na 5 jaar word sagtewatre opgradeer en lisensie geld gehef. Lande kan hierdie gelde nie betaal nie, en betaal dan deur plase, myne ens aan China te gee.

Coenraad ·

Dit is ‘n briljante strategie van China om Afrika te koloniseer.

ZAR ·

Presies so Francois. My vrae is net, wat het Suid Afrika aan China belowe om so ‘n goue handdruk te kry? Hoekom is die voorwaardes nie openbaar gemaak nie?

Elizabeth Bosman ·

China is nie ons grootste handelsvennoot om dowe neute nie.

Adam ·

Kan ek nie ook so R10 m kry om te mors nie Daai geld gaan weer sorg vir bonusse en alles behalwe vir ontwikkeling Wie gaan die spandering monitor Seker weer dieselfde sakkerollers

Gemaskerde Sopbeen ·

Die mees ontstellende sin is: “Eskom het nou twee derdes van die kapitaal wat vir vanjaar benodig word.” Dit beteken Eskom kan nou net aanploeter soos vantevore….want die geld is nie op nie, almal gaan weer lekker vet bonuses en pensioen uitbetalings kry………en die dag as die Chinese hulle geld wil terug hê….dan gaan ons elektrisiteitsrekeninge met 45% styg!!!

Hier kom 'n ding ·

Dink julle die staat gaan geld kan terug betaal? Een van die mooi dae word SA regeer deur China.

Wonder maar net ·

Is dit nou regtig goeie nuus? Pleks hul net al die korrupte mense in goewerment uithaal en doen wat hul suppose om te doen dan het ons land nie nodig om geld te leen of kry ektra nie.

Andre Reinecke ·

Die probleem hier is dat die wat bakhand staan (leen) dit doen omdat hulle diep in die skuld is. Hulle leen geld om lenings te betaal, is wat dit op neerkom. As hulle die geld sou leen om verbeterings te maak en uit te brui sou dit dalk goeie nuus wees. As hulle nie eens winsgewend kan bestaan nie, hoe gaan die lenings terug betaal word. Ons, die belastingbetalers sal moet op dok.

Dawid ·

China moet seker al die goedkoop geld wat hy uit din lig skep iewerste bere?

KoosGrapJas ·

Baie goeie nuus. Ek was al baie in China en het baie groot respek vir hulle. Daardie mense is ongelooflik fluks en het dissipline wat mens amper nie kan glo nie. Ons in die Weste kan baie by hulle leer.

JanGrapJas ·

En hoe help hulle goeie dissipline Suid Afrika om die miljarde in lenings terug te betaal? Die enigste manier wat ons land by dit kan baat is as ons, ons westerse waardes, ons geloof en ons identiteit as Suid Afrikaners prys gee. Nee geen finansiële hulp of voorbeeld van goeie dissipline en fluks wees is die siel van ons land werk nie.

Paul ·

En hierdie nuwe kolonisasie en die invloed daarvan gaan uiteindelik baie groter wees as wat ons onder die Engelse bewind beleef het, ook die nalatenskap van die nuwe kolonialiste sal verewig met ons wees. Dit net omdat die regering korrup is/was, onbevoeg en daarom het hulle massiewe gedelike hulp nodig om uit die gemors te kom. Hoe kan jy jou land in so ‘n fiasko laat beland? Dit lyk my ons sal ‘n baie groter kopskuif moet maak as waarvan Tienie Fourie geskryf het, ek het ‘n idee ons sal die hele kop moet vervang.

Oud Rhodie ·

Ek stem saam met bogemelde kommentaar. Die “terms and conditions” van die lenings is onbekend aan die publiek. Voorts is `n lening geen wonderlike guns nie. Die regering skop net die spreekwoordelike blik die pad af.

humor ·

Wonder hoe dink Amerika hieroor. Afrika het n lang geskiedenis om die Ooste teen die Weste af te speel. China is sekerlik terdee van die onbevoegtdheid, korubsie en verdwyning van geld in eskom bewus. Waarom sou hy dit waag om so n lening aan te gaan? Die greep van die luislang trek kragtiger saam. Ons kinders sal n ander verhaal vertel waarin die Afrikaner afwesig is.

Paul ·

humor, lees gerus Daniel Silke op Fin24, hy skryf daar onder andere oor Amerika en Trump se reaksie betreffende Brics. En China mag dalk nie die groot vader krismis wees wat die mense dink nie.

Paul ·

Gaan lees gerus op Fin24 wat Daniel Silke oor Brics en ons ooreenkomste/geldelike hulp van China te sê het.

kommi ·

Glad nie verbaas, Die anc is net n front vir Kommunisme uitbrierding

Magaretha van heerden ·

Bly om te sien almal is nie stupid nie. Dis nie verniet dat China so hulpvaardig is nie. Soek afspringplek vir homself. Reeds te veel behoort aan Chinese in SA. Ten minste sal Trump besigheid doen sonder om sy land te verkoop. Waar le Ramaphosa se loyaliteit? Wonder maar net.

coolo ·

State Capture?
Die anc is so onbevoeg, hulle skarrel om n baas te kry om SA te red

remondo ·

wel ek sal maar mandereins moet leer praat suid Afrika word binnekort little South China…………………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.