Dit sal ekonomie se prestasie in 1ste kwartaal bepaal

ekonomie-stockfoto-02

Foto: Pexels/Pixabay.com

Suid-Afrikaners sal Woensdag weet hoe die ekonomie in die eerste kwartaal gepresteer het. Dit is die dag waarop Statistiek Suid-Afrika die langverwagte syfer gaan bekendmaak.

En dit sal ook ’n aanduiding vir beleggers gee of die ekonomie enige bykomende skop van president Cyril Ramaphosa se leierskap gekry het.

Die ekonomie is, volgens kenners, veral verlede jaar doodgewurg wees die vorige president, Jacob Zuma, se beweerde verbintenis met staatskaping. Dit het veral beleggings in die ekonomie laat opdroog.

’n Senior ekonoom by NKC African Economics Elize Kruger sê dat die groeisyfer in die eerste kwartaal waarskynlik 0% beloop het. Sy sê hierop geskoei, toon dit dat die ekonomie nie juis van die vierde kwartaal van verlede jaar gegroei het nie.

Sy sê dit is duidelik dat die ekonomie momentum begin verloor en begin wankel het. Sy sê darem ter versagting dat die vierde kwartaal van 2017 baie sterk gegroei het. Sy waarsku egter dat die eerste kwartaal ook moontlik negatiewe groei kan toon.

Sy meen dit sal teleurstellend wees veral nou dat beleggers weer kans sien vir plaaslike beleggingsbates.

Kruger sê die sektore wat die ekonomie negatief sal raak, is mynbou, vervaardiging, groot- en kleinhandelverkope terwyl die tersiêre sektor waarskynlik effens verbeter het.

Sy sê die mynbousektor het, volgens die gegewens beskikbaar, vir die eerste keer sedert 2008 in verswak. Sy sê dat onsekerheid oor die regeringsbeleid in die sektor en die sterke rand-dollarwisselkoers dit veral moeilik maak vir die sektor.

Daarby waarsku Kruger dat onsekerhede oor die Amerikaanse tariefoorlog ook onsekerheid in die sektor stook.

Volgens Kruger het die verstewiging van die rand sedert November verlede jaar, die  vervaardigingsektor beduiwel. Die sterker rand, hoër brandstofpryse en ’n verhoging in belasting op toegevoegde waarde het veral ’n negatiewe effek op die sektor gehad het.

Sy wys daarop dat ofskoon die wêreldekonomie herstel het, ’n handelsoorlog tussen China en Amerika die sektor kan benadeel omdat dit die wêreldekonomie op die agtervoet kan plaas en die plaaslike vervaardigingsektor hierdeur gepootjie kan word.

Kruger is egter optimisties dat die ekonomie vanjaar nog weer na ’n hoër rat sal oorskakel. Die minister van finansies, Nhlanhla Nene, het reeds laat blyk dat hy die groeisyfer gedurende die mediumtermynbegrotingsraamwerk sal verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alida ·

Ek se weer wie gaan in hierdie brande moord land bele? NIEMAND!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.