Grondonteiening-praatjies se invloed op ekonomie

Argieffoto: Pixabay

Ekonome sê die ANC se beoogde grondonteiening sonder vergoeding stuur af op ʼn ramp wat nie net voedselsekuriteit nie maar ook ekonomiese groei kan strem.

Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê die plan vir grondonteiening sonder vergoeding is populisties. Hy meen die regering moet liefs ʼn grondberaad hou waar alle rolspelers oor die kwessie kan beraadslaag.

“Dit kan verskeie struikelblokke uit die weg ruim asook die bespiegelinge rakende die gronddebat in die kiem smoor,” sê Maree.

Hy voeg by dat die gerugte rakende grondonteiening sonder vergoeding beleggersvertroue in die land kan benadeel. Volgens Maree sal beleggers die land katvoet benader totdat die grondkwessie opgelos is.

Maree is van mening dat die huidige debat reeds die rand gekniehalter het, en waarsku dat dit ook waarskynlik pres. Cyril Ramaphosa se eerste toets gaan wees om markte te kalmeer.

Die rand en staatseffekte is die belangrikste barometers waarteen buitelandse sentiment teenoor die land gemeet kan word.

Maree voeg by dat Moody’s, wat later vandeesmaand sy gradering oor Suid-Afrika gaan uitreik, waarskynlik steeds ʼn versigtige standpunt sal inneem. Tot dusver het Fitch en Standard & Poors (S&P) die land afgradeer.

Die ekonomiese agentskap NKC Economic Research sê die euforie rondom Ramaphosa is oor en dat die rand nog verder kan verswak. Dit het vanoggend teen R11,87 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel.

Ramaphosa het intussen gesê die regering beoog nie om bloot grond te gryp nie. Voedselsekuriteit bly ʼn prioriteit vir die regering.

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient-groep, sê die regering is veronderstel om die Grondwet en die land se inwoners te beskerm. Die gepeuter met artikel 25 van die Grondwet kan fataal vir die land wees.

Roodt sê die grondeisproses is deur die regering se rompslomp en korrupsie ontspoor. “Nou soek hy ʼn populistiese manier om hom uit die gat te kry.”

Indien die grondeise bo alle twyfel opreg geskied, sal bewyse van grondbesit egter gelewer moet word, aldus Roodt.

Hy bevraagteken egter die regering se denkwyse en die manier waarop hy te werk wil gaan. Roodt sê daar sal dan teruggegaan moet word na die eerste inwoners van Suid-Afrika, naamlik die San-gemeenskap.

Hy meen die hele kwessie is met emosie belaai en die ANC gaan op die verkeerde manier te werk. Hulle moet ook insette van alle rolspelers verkry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eish ·

Wel, watookal die toekoms inhou, hoop ek maar die grondbesitters hou n laaste opsie oop. Diegene wat bekend is met die Woord, die Simson opsie.

Aasvoels ·

Die storie het al wyd geloop en in Duitsland is die linkses en regses daarteen gekant.
Die hele land gaan in duie stort – met kos en met die ekonomie.
Ramaposa dink nie dat daar grondgrypers is nie – hy leef in sy eie droomwereld – maar hy gaan vinnig wakker moet skrik.
Dit gaan tot nog meer plaasmoorde ook lei want Malema is eintlik aan die stuur van sake kom dit voor.

Geskiedenis ·

Die massas ken nie die geskiedenis van die grond nie – en niemand is lyk my van plan om hulle in te lig nie – want miskien ken die regering self – en veral Malema – nie die geskiedenis nie.
Dit het ook ‘n neiging om homself te herhaal en dit kan katastrofies vir party groepe wees.
Die groepe wat net wil gryp – gaan veral aan die kortste ent trek.

piper ·

grond onteiening kan nie plaasvind sonder ekonomiese skade en ook nie dat voedselsekerheid in gedrang sal kom nie. so volgens CR kan onteiening nooit plaasvind as hy streng by sy voorwaardes hou nie. al wat nou gebeur is hy maak almal senuweeagtig. niemand sal wil bele in RSA nie, die banke gaan tweekeer dink voor hulle verbande gee. baie verkopers gaan nie kan verkoop nie tensy daar n kontant koper is nie. ek kan nie sie dat iemand kontant so sal bele nie en sal eerder in die buiteland bele. dus gaan pryse daal en banke gaan besigheid verloor.geen land kan groei wanner so n swaard oor jou kop hang nie.

Janneman ·

Die ander gevolg van die onteiening praatjies is dat geen plaas meer n markwaarde gaan he nie – wie sal nou n plaas aankoop onder sulke omstandighede?

Ons boere is verseker in n benarde posisie.

Sarel swartbrand ·

Nie net die boere nie daar word gepraat van land wat eiendom insluit as die hek oopgemaak word want dink jy is volgende

Boland ·

Niemand maar niemand gaan my grond vat waarvoor ek en my pa betaal het nie.Niemand nie.

Human van ser Linde ·

Ek wonder maar net! Is dit nie ook n verkiesingstrategie nie?

Outoppie ·

1 Malema se “genocide”-opmerkings hierbo is haatspraak !
2 Laat Cyril van die “grondloses” dan op sy yslike grootwildsplaas laat kom intrek, en ‘n bietjie van sy miljoene (biljoene ?) met hulle deel – dis mos “charity begins at home” . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.