Hoe beplan ’n mens vir al die ekonomiese struikelblokke?

ekonomie-finansies-geld-sakrekenaar-knyp-spaar

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die onstuimigheid op finansiële markte die afgelope paar maande het van ons lesers bekommerd gelaat. Verskeie navrae is gerig oor wat in hierdie tye gedoen moet word waar brandstof, kospryse en valuta-onbestendigheid nou ’n daaglikse norm is. Beide eksterne faktore, soos Amerika se handelsoorlog met China, en interne faktore, soos die grondkwessie, speel ’n rol op beleggerssentiment. Ons het by kenners kers gaan opsteek.

’n Aandelemakelaar by PSG Wealth, Dawie Klopper, sê die volgende:

  • Beleggers moet kwaliteitaandele koop;
  • Hulle moet weet dat aandelebelegging vir die lang termyn is;
  • Beleggers moenie paniekerig raak as die mark in ’n korreksie ingaan nie;
  • Dit is belangrik dat beleggers aandeelblootstelling diversifiseer;
  • Dit is raadsaam om binnelandse en buitelandse aandele te koop; en
  • indien beleggers buitelands aandele byvoeg, moet hulle dit doen omdat hulle geleenthede in die buiteland raaksien en nie omdat hulle dink die rand gaan verswak nie.

’n Senior ekonoom by NKC Research, Elize Kruger, het die volgende mening gegee: Die randwisselkoers het drasties verswak – van ’n beste vlak van R11,56 teenoor die Amerikaanse dollar op 26 Februarie tot rondom R13,30 tans. Dit is ’n verswakking van 15,1%.

Die faktore wat gelei het tot die randverswakking was meestal ekstern van aard. Dit sluit in stygende Amerikaanse kapitaalmarkkoerse en verwagtinge dat korttermynrentekoerse vinniger in Amerika kan styg.

Dit het daartoe gelei dat opkomende markte minder aantreklik begin lyk het relatief tot ontwikkelde lande, wat weer gelei het tot geweldige kapitaaluitvloei. Dit het onder meer die rand onder druk geplaas.

Wat dit beteken vir die man in die straat? ’n Swakker wisselkoers filter redelik vinnig deur na die brandstofprys. Behalwe vir belastings, word die pryse gedryf deur die vlak van die olieprys en randwisselkoers.

Dus is dit geen verrassing dat die petrol- en dieselpryse wat vir vier agtereenvolgende maande skerp gestyg het, druk op verbruikers se besteebare inkomste geplaas het nie.

Verder sal baie van die ingevoerde goed wat in die volgende maande prysverhogings ondergaan, ten minste deels die hoër invoerkoste sal reflekteer. Terselfdertyd kan goed wat onderworpe is aan padvervoer, soos groente, vrugte en, onder meer, winkelgoedere, ook weens die hoër brandstofpryse prysverhogings ondergaan.

Dus, opwaartse druk op die inflasiekoers kan verwag word, wat weer daartoe sal lei dat die Reserwebank nie ruimte sal hê om rentekoerse verder te verlaag nie.

Aan die positiewe kant, is ’n swakker rand voordelig vir die myne en vervaardigers wat produkte uitvoer, want ’n swakker rand lei tot hoër uitvoerverdienste.

En ’n ekonoom by FNB, Dawie Maree, het ook raad. Hy sê die volgende oor:

  • Stygende inflasie: dat verbruikers beslis aanpassings sal moet maak in aankoopbesluite. Hy voorsien dat duursame en luukse goedere se verkoopsyfers verder nie veel gaan toeneem nie. Voedsel is egter een produk wat altyd gekoop word;
  • Brandstof is ‘n niediskresionêre uitgawe en dus gaan dit moeilik wees om summier aanpassings te maak. Vakansiebegrotings gaan vir seker geraak word hierdeur. Die ander groot nadeel van brandstofpryse is dat die laer LSM-groepe meer geraak word wat afhanklik is van openbare vervoer.
  • Voedselpryse is steeds relatief laag, as mens in ag neem waar dit ‘n jaar of meer gelede was. Dit kan egter vinnig verander.

En hoe beplan ‘n mens deur al die struikelblokke? Dit is die moeilike vraag.

Ek dink om slim te koop is belangrik – vergelyk pryse en moenie sommer met die oog koop nie. Vermy krediet vir kruideniersaankope. Beplan jou reis beter sodat jy nie onnodig brandstof mors nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

TP ·

Dis baie gaaf. Maar hoe gemaak as daar alreeds geen ‘vet’ in die budget oor is nie. Ons is in die baie bevoorregte posisie om geen skuld te he nie, net huis, en dan al die absolute noodsaaklikhede. Man werkloos en ek van Aug af werkloos. Ry nie oonodig rond nie – net skool toe. Frustrasie vlakke baie hoog!

Cora Simpson ·

Ek het al begin dink ek is die swakste sake vrou in SA. Dit is asof my besigheid net ewe skielik net deur skynend is. Nie eens n navraag of epos nie. Ons Klein sake kry is die ouens wat noustrop trek. Al is daar nie besigheid nie moet salarise nog betaal word. Ons ploeg nou spaar geld in net om nie te vou nie. Ek bid dinge sal verbeter

Ella ·

Loutere “rubbish” waarmee ons niks kan doen. En ons weet dit reeds
Beleggings is buite die kwessie vir die man op straat so daarcdie raad kon jy maar hou.
Ek het al oral gesny en goedkoop kos is in julle koppe.
Feit is : die regering verarm ons teen n tempo. Toe ek afgetree het was ek in die middel inkomste groep nou neig ek meer en meer na onder.
Daar is geen positiewe en bemoedigende raad vir die wat armer en armer word.

LB S ·

Ella, ek weet presies waarvan jy praat. Ons het ook “goed afgetree” 10 jaar gelede, maar sedertdien al twee keer ons inkomste op rente laat verminder om die kapitaal te spaar. Dus kry ons geen bonusse of verhogings nie, inteendeel, die inkomste uit rente raak al hoe minder!

Wouter ·

Ons moet bele in ‘n eie staat anders gaan ons beleggings net kwyn.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.