Hoër ruoliepryse is ’n dubbele dosis bitter medisyne

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Ekonome waarsku dat die ekonomie nou in só ’n stand is dat verbruikers daardeur gewurg gaan word. En dat die blaam hiervoor voor die regering se deur geplaas word.

Volgens ekonome is die reeks verhogings wat vanjaar deur die regering ingestel is, hoofsaaklik hiervoor te blameer. Dit sluit die 1%-verhoging in belasting in toegevoegde waarde (BTW) en stygende brandstofpryse in. En op die horison is Eskom se aansoek vir hoër elektrisiteitstariewe.

’n Ekonoom by FNB, Dawie Maree, sê dat die verbruiker nou reeds vuisvoos is.

“Vandeesweek se verhoging in brandstofpryse is dalk net die laaste hou wat verbruikers kan absorbeer. Tot dusver is hulle vanjaar hard geslaan,” sê hy.

Maree sê die brandstofprysverhogings gaan wyer uitkring. Verbruikers moes 82c per liter meer opdok vir alle grade petrol, terwyl diesel met tussen 85 en 87c per liter gestyg het. Volgens Maree is die verhogings egter nie net tot die brandstofpompe beperk nie.

Hy sê dit kan ’n beduidende invloed op die landbousektor hê waar insetkoste gewis skerp sal styg.

Maree beraam dat ʼn styging van een rand in brandstofkoste gelykstaande is aan ’n miljard rand se styging in insetkoste. Hy sê die kostes se styging is oor verskeie nywerhede wat plant, oes en verpakking insluit.

Hy sê die hoër ruoliepryse is gewis ’n dubbele dosis bitter medisyne vir die landbousektor. Dit sluit in die hoër brandstofpryse asook ’n skerp styging in landbouhulpmiddels soos kunsmis en gifstowwe.

Maree is ook bekommerd oor die effek wat die huidige brandstofpryse op die huidige winterplantseisoen kan hê. Hy meen dat boere tot R153 miljoen bykomend kan spandeer net om deur die plantseisoen te kom.

“Dit sal weer ’n negatiewe effek op winste hê. Winsmarges sal ook daal terwyl die kettingreaksie tot hoër logistieke kostes sal bydra.”

Maree se verbruikers, veral uit laeinkomstegroepe, ook hard geslaan gaan word met hoër uitgawes, veral vir padvervoer. Die Nasionale Taxi-alliansie (NTA) het reeds aangekondig dat vandeesweek se brandstofprysverhogings tot hoër taxigelde gaan lei.

Hy is van mening dat dit ook tot nuwe verbruikerspatrone kan lei waar besparings die groot wagwoord gaan wees. Maree waarsku egter dat die hoër brandstofpryse verbruikersinflasie gaan aanblaas.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Sacci, aangekondig dat sy sakevertroue-indeks in Mei vir ’n vierde agtereenvolgende maand gedaal het. Die indeks het tot 94 gedaal. Dit was gelykstaande aan Oktober verlede jaar se rekorddaling.

Sacci skryf dit toe aan ’n styging in inflasie wees die hoër BTW-koers  en laer invoer- en uitvoer-volumes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ella ·

Eienaardig, geen kommentaar op so n netelige kwessie? Wys jou net hoe vuisvoos ons is.
Gaan die regering kennis neem? Nee want hulle is geld- en magshonger.

Cherokee ·

En indien ‘n bevoegde minister van finansies die btw ooit weer sou laat daal, sal die verbruiker nie daarby score nie want besigheidseienaars is net soos mense gulsig, en sal probeer om dit te pocket.

Lewies ·

Ek sit en wonder, daar word gestaak oor alles en nog wat, hoekom staak die Taxi’s nooit oor n verhoogde brandstof prys, wonder maar net

Cherokee ·

Julle mense wat ‘wonder maar net’ sal maar aanhou om net te wonder. Ons ander weet dat passasiers die verhoogde petrol betaal plus ‘n ietsie ekstra vir die taxi-eienaar omdat die verhoging in vervoertariewe heel gerieflik gewyt word aan petrolprysverhoging. So hou maar aan om te ‘wonder maar net’. Ons weet.

Eish ·

” En dat die blaam hiervoor voor die regering se deur geplaas word.”
Genadiglik.

Lynette ·

Cherokee, ek wonder weer waarom die taxi eienaars vroeer jare optogte gehou het en strate met hul taxis blokkeer het as NP regering die prys van brandstof met 5c verhoog het? Kon hulle nie toe ook maar net hulle pryse verhoog het nie? Of was dit maar net n ANC ding om die regering by te kom? Lyk mos so.

Koos de Meyer. ·

Die Taxi’s kry subsidies dis waarom hulle nie staak nie. As my brood ge botter word hoekom sal ek kla.

Ruan ·

Oor taxis en busse se bedryf van handel vervoeer is, kry hulle al hulle petrol geld wat hulle betaal terug van jan taks af

Lynette ·

Cherokee, ek wonder weer waarom die taxi eienaars vroeer jare optogte gehou het en strate met hul taxis blokkeer het as NP regering die prys van brandstof met 5c verhoog het? Kon hulle nie toe ook maar net hulle pryse verhoog het nie? Of was dit maar net n ANC ding om die regering by te kom? Lyk mos so.

Adriaan ·

Wanneer ru olie pryse daal en die Rand versterk, is die daling in brandstofpryse klein. Wanneer ru olie pryse styg en die Rand verswak, is die styging in brandstofpryse groot. Ek glo nie meer die amptelike verduidelings nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.