Kan die regering vakbonde in die staatsdiens vasvat?

Stakende werkers het verlede week glo chaos by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg veroorsaak. Foto: ANA

Ontleders sê daar is groot druk op die regering om vakbonde in die staatsdiens vas te vat. Van die vakbonde wat deur ontleders as negatief beskou word, sluit die Nasionale Onderwys-, Gesondheid- en Verwante Werkersvakbond (Nehawu),die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) en die polisie-en-korrektiewe-dienste-vakbond (Popcru) in in.

Van die ministers wat die afgelope ruk hul misnoeë oor vakbonde in die staatsdiens uitgespreek het, is die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, ná verlede week se Nehawu-gedrewe staking by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg waar pasiënte van die perseel verwyder is.

Die minister van staatsdiens, Ayanda Dlodlo, het ook vir die eerste keer te kenne gegee dat die staatsdiens se looneise die staatskas kan benadeel.

Dlodlo se uitsprake, die eerste deur ’n huidige kabinetminister, toon dat die regering se geduld met vakbonde in die staatsdiens besig is om aan ’n dun draad te hang. Van die land se voorste ekonome, insluitend Mike Schussler van economists.co.za en Dawie Roodt, van die Efficient Group het al aangedui dat die staatsdiens te groot en lomp is en dat dit die staatskas uitput.

Volgens Dlodlo beloop staatsamptenare se loonrekening 35% van staatsuitgawes. Sy sê enige styging bo 7% kan die staat se fiskale posisie benadeel. Dit kan ook die ruimte skep vir verdere kredietafgraderings.

Volgens beramings kan die regering noodsaaklike dienste opskort om te voorsien aan die staat se R587 miljard-loonrekening.

Beide Schussler en Roodt meen egter dat die staatsdiens gesny moet word. Hulle sê die loon-rekening is te buitensporig vir ’n ontwikkelende land soos Suid-Afrika.

Dlodlo het aan haar kabinetskollegas geskryf en gevra dat hulle by die riglyne van die ministeriële handboek hou. Dlodlo het ook te kenne gegee dat sommige regeringsdepartemente net opgeblaas is.

Ondanks ’n salarisooreenkoms in die staatsdiens, hou die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) vol dat hy van Maandag gaan staak.

Die ekonomiese agentskap NKC African Economics, sê dat die VSA daarvan oortuig is dat daar nie ’n bevredigende loonooreenkoms bereik is nie. Dit kom nadat die VSA die regering se loonaanbod van die hand gewys het.

Die VSA verteenwoordig 238 000 werkers in die staatsdiens. Sy algemene sekretaris, Ivan Fredericks, se pogings om ’n ooreenkoms met die regering te kry, het misluk.

Ontleders meen egter dat daar vir die VSA ’n steil bult voorlê. Cosatu en sy grootste filiaal, Nehawu, steun die regering se loonaanbod en het die VSA van opportunisme beskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

KP ·

Nee hulle kannie. Eerstens het die regering hulle al te veel toegelaat en tweedens is hulle te verlee oor die lede se stemme wat hulle bang is om te verloor.

Ver links ·

The Goverment can”t interfere as their biggest support comes from the Unions and will have an impact on next years voting.

Sue Theron ·

Ek is ook n staatsamptenaar. My salaris is karrig. Ek wil die minister vra waar gaan die geld heen van al die poste wat nie gevul word nie. Die werk word net op ons gelaai wat oor bly.
As jy na vlakke 13 en hoer kyk sal jy sien waar die geld van die staatskas eintlik heengaan.

Hannelie ·

Ek stem saam Sue. mense weet nie regtig wat ons verdien in die staatsdiens nie. Ons is geregtig op ‘n ordentlike verhoging, as jy die VAT en petrol wat nou weer opgegaan het in ag neem. Dink die Minister en sy gevolg verdien uitstekende salaris, as ons wat fisies die werk doen.

honourable member ·

Unies is n onding. Hulle wil die land onregeerbaar maak . Niemand, unies ingesluit kan nie net gelos word om te maak en breek soos hulle wil nie. Hoe gaan mense so tekere in n hospitaal waar baie siek mense behandel word . Dit wys ook maar net hulle is net daar vir die geld en het geen respek vir mense nie.

snoefie ·

vorige regering se gebou. so hoekom ophou terwyl dit nog staan?

Annelize ·

Nee, die Regering kan nie. Hulle kan dan nie eers hulle eie Ministers ens. in toom hou of in die bek ruk nie.

Ver links ·

The people illustrates their frustration and the Unions are the only ones that protects them and plays an important role. To demand for a better living for all is the liberal way and standard and then there will be attention for recgonition from the Government.

Sarel ·

Waarom as jy moet staak die geweld en geen respek vir lewe en eiendom nie. Daar is nie een Politieke leier wat die moed het om die mense aan te vat nie. Politieke stem belangriker as die ekomomie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.