Middelklas krimp, verbruikers verkeer onder finansiële druk

Argieffoto.

Dit is nag vir Suid-Afrikaanse verbruikers en hulle verarm teen ’n stewige pas. Dit is die mening van die bestuurshoof van Debt Rescue, Neil Roets.

Volgens Roets is dit inderdaad ’n moeilike tyd wat verbruikers in die gesig staar. Hy skryf dit toe aan die swakker rand, hoër brandstofpryse en die verhoogde belasting op toegevoegde waarde wat reeds op 1 April in werking getree het.

Roets sê die kombinasie van die bovermelde faktore het die situasie vir verbruikers bemoeilik. Hy beskou dit as die moeilikste tyd vir verbruikers sedert 1994.

In ’n vroeëre onderhoud het die hoofekonoom by die Efficient Group, Dawie Roodt, die regering gekap oor die lomp hantering van administratiewekostes wat in die begroting verhoog is. Roodt het toe voorspel dat dit tot ’n treurmare vir verbruikers kan lei. Sy argument was dat die regering beheer oor die kostes het en te drasties te werk gegaan het met die verhogings.

Roets wys daarop dat daar ’n toename is onder verbruikers wat vir kredietberading aansoek doen. Volgens hom is dit ’n duidelike aanduiding dat verbruikers sukkel en onder finansiële druk verkeer.

“Dit is beter om die situasie in oënskou te neem en reëlings te tref. Voor jy jou bevind, kan jy binne ’n moeras van skuld verswelg word,” het hy gesê.

Roets sê dit is egter duidelik dat verbruikers in ’n groter mate begin besef deur reëlings ten opsigte van die skuld te tref (wat kredietkaarte, motorfinansiering en huisverbande insluit) hulle kan help. Die reëlings word in gevolge wetgewing deur die Nasionale Kredietreguleerder beskerm.

Een kwessie wat Roets hinder, is dat al hoe meer mense ongesekureerde skuld aangaan teenoor ’n paar jaar gelede. Hy voeg by dat dit veral mense uit die middelinkomstegroep is wat dié manier van finansiering gebruik om skuld te betaal en kos te koop.

Hy wys daarop dat dit ’n teken is dat die middelklas krimp en Suid-Afrikaners oor die algemeen vinniger verarm.

“Mense is besig om in armoede te verval,” het hy gemaan.

Roets het egter positiewe nuus vir verbruikers gehad. Volgens hom moet verbruikers wat swaar gedruk word, ’n realistiese begroting opstel en daarby bly.

“Dit gaan opofferings kos. Maar om binne daardie begroting te bly, kan groot verligting beteken,” het hy gesê.

Nog raad van Roets was dat verbruikers nie skaam hoef te voel om ’n skuldberader te nader nie. Hy sê skuldberaders kan verbruikers met die nodige raad voorsien om struikelblokke en hindernisse vroegtydig raak te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jacques ·

Die nuus verbaas my glad nie . Ek is van mening dat die middelklas altyd die hoof groep was om die ekonomie op dreef te hou want hulle WAS in die meerderheid . Dankie aan al die lede van die regring wat nie omgee wat met hulle eie mense gebeur nie , solank hulle net stewige bankbalanse het . Julle die regring is selfsugtig verby .

Marita Scholtz ·

Wat voel die regering vir ons landsburgers…..n ronde nul…. Ons moet met die vlg verkiesing teen anc stem maak nie saak cir wie jy stem maar nie vir anc nie

Msp ·

Jle sê sedert 1994? Wel, dan moet ons erken dat Jacob Zuma ñ great president moes gewees het.

Liberaal ·

Die middelklasse regoor die westerse wereld se bates en besighede is besig om oorgedra te word aan die linkse NWO meesters se globale groot besighede, hulle liberale massamediabemarkingssmodel werk goed. So word die globale superrykes al ryker en die middelklas en armes al armer.

JSG ·

Hulle moet ook besef die koei wat hulle so melk kan vrek, en wat dan. Onthou die Franse revolusie.

Liberaal ·

Ons liberale heersers het nie meer die massas nodig nie, die massas word nou vervand deur robotte en sagteware. Nuwe wereld orde ondersteun deur die liberale massamedia.

Stuiwer ·

Iewers gaan die fonteintjie opdroog, en gaan die regering besef dat jy nie bloed uit ‘n klip kan tap nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.