Moontlike redes vir die rand se 10%-verswakking

krediet-kredietkaarte-geld-bank

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Wêreldmarkte het Maandagoggend swakker geopen nadat onsekerheid oor die Turkse lira toegeneem het. In die proses het die rand tot sy swakste vlak in twee jaar gedaal nadat dit in een stadium met bykans 10% gesink het.

Ontleders se die lira het ʼn negatiewe effek op ontluikende valuta gehad. Buiten dat die rand getuimel het, is markte in Asië ook deur die Turkse onstuimigheid getref. En in ’n vroeë verhandeling vandag was daar aanduidings dat Europese markte swakker gaan open.

Ontleders sê die Turkse lira se insinking kan nuwe probleme vir die rand bied. Die lira is ook gepootjie nadat die Amerikaanse president Donald Trump nuwe tariewe op Turkse staal en aluminiumproduksie aangekondig het. Turkye se groot skuldlas ondermyn veral die lira en daar is vrese dat dit na Europa kan uitbrei.

Die markontleder Wayne McCurrie sê beleggers moet uit die verlede leer. Hy sê in gevalle waar die geldeenheid so skerp val, moet beleggers kalm bly en nie die rand verkoop nie. Hy sê goeie waarde vir die rand is R14 teenoor die Amerikaanse dollar.

McCurrie is egter positief dat die rand kan herstel. Die geldeenheid was ook swakker teenoor die euro en die Britse pond.

Ontleders is egter bekommerd dat die huidige swak waarde van die lira verder kan uitbrei. Die euro, die valuta van een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote, is ook onder druk weens die Europese Unie se blootstelling aan Turkse skuld.

“Ons kan ons gereed maak vir ’n rowwe tyd wat voorlê. Terwyl Turkye met sy enorme skuldprobleem sit, gaan onsekere tye die rand in die gesig staar,” het een ontleder bygevoeg.

Die rand het in Junie 2016 laas teen R15 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel. Ander ontluikende valuta wat in die vroeë oggendure vanoggend gestonk was, was die Indiese roepee en Indonesiese se roepia.

Vanoggend se daling in Asië het ook die JE se swaargewig, Naspers, getref. Sy hoofbelegging, die Chinese maatskappy Tencent het in Hongkong met 2,3% geval. En in Sydney het die mynreus BHP Billiton, wat ook in Suid-Afrika genoteer is, met 1,25% gedaal.

Die markontleder David Shapiro het op sy Twitter-blad voorspel dat vandag nie ’n goeie dag vir plaaslike markte sal wees nie. Hy het daarop gewys dat faktore teen positiewe markstemming is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Twak ·

Ag asseblief tog wie glo die snert? Dit is nadat die GRONDONTEIENING sonder vergoeding aangekondig is deur ene Ramaphosa .. die Turkse Lira het nog weinig invloed in SA gehad .. hou op twak praat.

R1 ·

Goeie waarde vir die rand sal wees R1 teenoor die amerikaanse dollar.

Hanna Hoekom ·

Wat van plaaslike faktore? Grondonteiening sonder vergoeding (en sommer grondgryp ook), stakings, onbetroubare en baie duur elektrisiteit, misdaad, korrupsie op alle vlakke, Guptas, nikswerd sekuriteitsmagte, brandstigting, betogings en plundering, elle lange Sassa rye, onbeheerste instroming van ongewenste immigrante, voorgestelde nuwe mediese sorgstelsel, n president wat ons in elke opsig faal… Moet ek aangaan? Geen regdenkende mens sal in hierdie toilet-land wil bele nie!

Staak ·

N produk wat in die VSA 1$ kos sal jy R14 voor moet betaal.

SA is al lankal n verbruikersland en nie meer n produserende land nie, SA lewer ook nie meer 80% van die wereld se goud nie, en die groot myn reuse in SA is van die buite wereld wat die winste landuit neem. Nou hoe is R14 teenoor die dollar n regverdige prys, dit is n resep vir deflasie.

Richard ·

Mense WIL hierdie artikels nie glo nie, maar dit help ook nie dat joernaliste dit selde duidelik maak dat daar definitief ‘n verband tussen verswakking van twee verskillende geldeenhede is. Vir ‘n leek klink dit net soos ‘n gebabbel van nonsens as dit nie duidelik verduidelik word nie, en dan skryf mense dit af as fopnuus.
Die eenvoudigste manier om dit in hierdie geval duidelik te maak aan ‘n leek is om uit te wys hoe byna presies tot op die minuut gelyktydig die skielike insinkings van die twee geldeenhede (plus nog klomp ander om die wereld, soos die Russiese en Braziliaanse geld) gebeur het.
Die aand van die 13de het die Turkse lira skielik, klokslag 23:00 UTC, van 6.43 teen die dollar getuimel tot 7.00 teen die dollar om 01:40 UTC. Dis ‘n 8.14% daling.
Byna gelyktydig het die rand van 14.24 om 23:00 UTC tot 15.31 om 01:40 UTC geval. Dis ‘n 6.99% daling. (die rand het intussen weer tot 14.17 herstel, en die lira ook.)
Twee aparte soortgelyke skokke het ook op die 10de plaasgevind, waar slegte nuus Turkye getref het, en waar die rand dan byna onmiddellik ook skielik gedaal het.
Dit word veroorsaak omdat groot institusionele beleggers wat reusagtige hoeveelhede pensioengeld belê, se outomatiese rekenaarstelsels geprogrammeer is om sekere lande soortgelyk te behandel. Dit veroorsaak dan sulke skokke wat oombliklik van een land na ‘n ander gaan.
Swak SA beleid veroorsaak langdurige verswakking van die rand, maar die 13de se skok was Turkye.

Mrs H ·

So jy bedoel dit het n “ripple-effel” soos wanneer jy n klippie in die water gooi wat versteuring en golfies veroorsaak.

honourable member ·

Ek is amper seker dat die chaos in hierdie land ook n bydraende faktor is hulle wil net maar net nie erken nie..

Mrs H ·

Toe almal getjank het oor appartheid, en ons die wereld se sanksies teen ons gehad het, het dit ons net mooi niks gemaak nie…lol En nou ou Cyril, nou Struggle ons maar almal saam ne?! Stadig nou met al die beloftetjies hoor.

Richard ·

Die sanksies het definitef nie “net mooi niks gemaak” nie. Mens kan dit ook in die wisselkoerse sien.
Byvoorbeeld met PW Botha se Rubicon-toespraak, op die aand van die 15de Augustus 1985, byna presies 33 jaar gelede, het die rand die volgende oggend van R2.22 teen die dollar tot R2.44 geval. Dit klink nie na baie nie, maar persentasiegewys is dit 9%. Twee weke later, na nog meer internasionale reaksie, was die rand R2.77. Dis ‘n gesamentlike 19.9% verswakking in net twee weke gewees!
Dit het die SA regering so hard getref dat ‘n drastiese en drakoniese valuabeheerstelsel waar mense van SA byna niks van hul geld uit die land kon uitvat nie, en gedwing was om beleggings in plaaslike dinge te maak, in September 1985 ingestel is om te keer dat die rand totaal krater.
Inflasie, wat in die res van die wêreld deur die loop van die 1980s gedaal het, het in SA die hoogte ingeskiet weens die sanksies en was aan die orde van 14% tot meer as 18% per jaar vanaf 1985 tot 1992, en het eers in 1993 begin daal, eers tot rondom 10% en teen 1999 tot rondom 5%.

L ·

Ons lewens kwaliteit Richard, was beter as vandag. Ons het reserwes gehad van elke soort. Infrastruktuur het niks makeer. Die buiteland was presies daar… Buite.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.