NGV: Regering kan eers oor tien jaar hieraan dink

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Die weg is gebaan vir ’n intense geveg tussen die regering en die privaat gesondheidsektor. Dit is die mening van die hoofekonoom by economists.co.za. Mike Schussler, nadat die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, gister voorgestelde wetgewing oor gesondheidsorg uitgereik het.

Schussler sê die regering is nou op ’n verwoestende pad wat nie net gesondheid kan ontwrig nie, maar ook die rand en die land se graderings in gevaar plaas.

Hy wys daarop dat die regering nie geld vir die gesondheidsversekering het nie.

“Dit sal die regering beter dien om sy huidige fasiliteite op te knap met die geld wat hy tans het. Daar is ook tekorte aan dokters en verpleegsters. Waarom ruk hy nie dit eers reg nie?” wou Schussler weet.

Hy wys daarop dat daar nie reële ekonomiese groei is om die stelsel te steun nie.

Schussler meen dat ekonomiese groei vir tien jaar bo 5% sal moet wees voordat die regering werklik in ’n posisie sal wees om die stelsel in werking te stel.

Sy mening is dat die regering eers oor tien jaar ernstig hieraan sal kan dink. Hy vra ook die vraag waarom mense wat belasting betaal, nou armes moet subsidieer.

“Die huidige voorstelle meen dat daar nog ’n projek, buiten sukkelende staatsbeheerde ondernemings, sal wees wat druk op die staatskas kan plaas. En dit sal nie goed afgaan met graderingsmaatskappye nie,” sê hy.

Die regering het R4,1 miljard rand in die mediumtermynbegroting opsy gesit vir die Nasionale gesondheidsversekering (NGV).

Schussler wys daarop dat dit die jongste geval is waar die regering homself in die voet skiet. Die ander twee kwessies wat ook beleggersentiment teenoor Suid-Afrika gaan strem, sluit in die grondkwessie en die Mynbouhandves.

“Die ANC-regering sal moet gaan leer. Sy uitsprake en beleidsopsies is soms nie goed vir die land nie.”

Schussler sê teen die huidige ekonomiese pas sal die land eers oor dertig jaar gereed wees om ’n  stelsel van universele gesondheid toe te pas. Boonop meen hy dat Motsoaledi die kwessie op ’n arrogante wyse aangepak het.

Ontleders sê dit is duidelik dat daar ’n intense geveg tussen die regering en private gesondheidsverskaffers sal wees. Hulle wys daarop dat beide voorgestelde wette wat gister vrygestel is, tot intense debat sal lei.

Schussler sê boonop die administrasie van openbare hospitale is verdag, terwyl daar gereeld klagtes van korrupsie is.

Die twee voorgestelde wette word nou uitgereik vir openbare kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Paul ·

Ek sien die minister sus ons en sê die NGV sal nie soos Eskom en die SAA wees nie. Wel ten minste erken hulle daardie twee instansies is ‘n gemors, maar hy mis toetentaal die punt, want dit is nie waaroor dit gaan nie.

Vryheid ·

Die regering gebruik die minderheid om weereens vir die meerderheid te betaal. Wonder net wat sal gebeur as die minderheid pad gee…… Zimbabwe

Paul ·

Ek hoop almal hier op Maroela, ook die rubrieksrywers en Herman Toerien en Jan-Jan neem daavan kennis wat CR vandag gesê het, en dit is of ons nou daarvan hou of nie, NGV is oppad!

Paul ·

Vryheid, Cyril Ramaphosa het gister gesê, of ons nou daarvan hou of nie, die NGV gaan kom. CR het nou al soveel foute gemaak en dinge skeef getrek, ek het ‘n idee die beste tydperk van sy termyn was voor Desember 2017.

Frans C ·

Die privaat gesondheidsorgstelsel het ontstaan omdat die staatsbeheerde gesondheidsdiens op baie plekke weens wanbestuur feitlik in duie gestort het.

Dit is tog opmerklik dat die ANC-regering dadelik die fout op ander plekke soek as hul kader ontplooing tot mislukking lei.’n Treffende voorbeeld is die ou Kempton Park hospitaal,wat agtergelaat is met miljoene Rande se toerusting omdat dit kwansuis net ‘n sekere bevolkingsgroep bedien het.

Die Boksburg-Benoni hospitaal het sedert dit hernoem is na die Oliver Tambo Memorial
hospitaal volgens alle berigte in ‘n nagmerrie hospitaal verander.

In Times live is berig dat:’In a scenario reminiscent of applying a plaster to a gaping wound‚ critical daily maintenance is keeping alive one of the oldest state hospitals in Gauteng.

Tambo Memorial Hospital in Boksburg on the East Rand will cost an estimated R800-million to replace.

Gauteng health MEC Gwen Ramokgopa has conceded that “most areas” of the hospital do not comply with the Occupational Health and Safety Act “because of the age and the dilapidated state of the structure”.

She was responding to questions from Democratic Alliance (DA) shadow health MEC Jack Bloom last week in the provincial legislature.

“The hospital has been subjected to conditional assessment and recommended for replacement. In the meantime‚ statutory maintenance is being undertaken‚” she said. Asked when the faults would be fixed‚ she replied: “Day to day maintenance faults are fixed daily by artisans. Statutory maintenance as per schedule.””

honourable member ·

Kry maar eers hierdie vrot staatshospitale op standaard voor julle dink aan hierdie NVG.

Anna Van Straaten ·

Ek het n bare voor gevoel agv media berigte dat alles voor af be plan is deur kominisme wat al jare in werking is in die suide like delete van Afrika. China het ook al begin en ek vermoe al lankal voor “CR president geword het dat hy deel van die NWO is. Wie hom finansier .ook met die gee van myne en ander maatskappye. Hulle is ook die voorstanders om anargie aan te hits en die argitekte van die gronsd hervorming is. Daar is niks bedek wat nie openbaar sal word nie. Die Woord is wet en die HERE het ander planne vir SA in hierdie laaste dae. Ons gelowiges het niks om te vrees nie want die Woord kom altyd in stand. Dit staan geskrywe in .Sefana 3 vanaf vers 10. . .

Ontoelaatbaar ·

Ons sal dit nie toelaat nie, ons gaan nie kommuniste toelaat om als van ons weg te vat nie. Nie ons eiendom of ons mediese sorg nie.

nou wat nou ·

En wat gaan jy daaromtrent doen? Hoekom niks gedoen tot nou nie?

Ontoelaatbaar ·

Ek alleen kan nie veel doen nie maar ek is nie die enigste een wat ons land wil red en dit keer nie. Saam kan ons ons stem dik maak.

piper ·

ensteek voel dit al klaar aan my bas. van mediesefonds bydrae van oor die 60 000 rand per jaar kan ek net sowat 16 000 rand aftrek teen belasting en net een derde van ander mediese uitgawes. mediesefondse gaan baie lede verloor en gaan onbetaalbaar duur word, top mediese personeel gaan die land verlaat agv. die sisteem. die klinieke se dienste stort in een om nie eers van die hospitale te praat nie. regering hospitale betaal jaarliks biljoene uit aan eise agv, nalatigheid. al gooi jy al die geld in die wereld in die sisteem kan dit nog nie werk nie want daar is nie bevoegde mense in plek nie.

moeks ·

Kempton Park se hospitaal gaan nou afgebreek word want dit spook kwansuis daar. Dit gaan ook nie help nuwe hospitale word gebou en weer afgebrand as mense ontevrede is oor dienslewering nie. Dit gaan produktiwiteit by maatskappye ook raak want werkende mense moet nou saam met duisende ander wat nie werk nie, in lang rye gaan sit elke dag. ‘n Dokter kan ook net soveel pasiente sien elke dag veral as hul nog moet opereer ook.

honourable member ·

Wonder net wie vir wie gaan subsideur. Nou weer n slim plan om die belastingbetaler verder te tap. Geen wonder die mense wil nie meer werk nie want hulle kry dan alles gratis, die belastingbetaler sal betaal en sorg vir al die grants en medies so die mense leer net nooit om vir hulle self iets te doen nie. Altyd net aan die ontvang kant..

Jacques ·

Geskiedenis wys dat voor 1994 die staat onder andere van die beste staats hospitale gehad het met die klem op gehad . Ek vat die hospitaal in Vanderbijlpark was n top hospitaal met uitstekende diens en personeel , waar is dit vandag ? Die regering moet familie beplaning instel (maks 4 persone ) per gesin as hulle dit self kan bekostig . Die regering moet ook egter ook in gedagte hou dat die wit geld fontein net vir solank daar gaan wees en dan droog dit ook op . Wat dan ????

Waarheid ·

Dankie AvStraaten die waarheid Sefanja ….die KRAG HY gaan SY kinders wat verstooides in die werêld is weer “bymekaarmaak”?
Stem saam “Ontoelaatbaar” amen.

Asb. ·

1. Die bedrog -geld MOET Terugkom en skuldiges moet WEGGEJAAG WORD REGUIT TRONK TOE.
2. Die R41. Mijard moet eers gebruik word elke sent om bangkrot staatsmediesedienste te red.

Alida ·

Hulle kan nie eers huise gee nie hoe kan hulle nog dit doen kyk hoelyk die hospital is n skande

Johanna Botha ·

Een ding is nou reeds seker …dit gaan n gemors wees ….net mooi ALLES waaraan die anc sy hande le is reeds vernietig ..SAL ESKOM….ag noem maar op !

Rina du P lessis ·

O my genade nog n flop in wording. Nie eers die rykes kan meer byhou nie. Te veel skade is al aangerig deur onnodige floppe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.