Ramaphosa wil ekonomie só op dreef kry

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het volgens ontleders waarskynlik ʼn troefkaart gespeel om verskeie ekonomiese en politieke leiers aan te stel om beleggings van $100 miljard, of R12 triljoen, oor die volgende vyf jaar na Suid-Afrika te lok.

Volgens ʼn verklaring het Ramaphosa gesê belegging is noodsaaklik om die sukkelende plaaslike ekonomie ʼn hupstoot te gee. Dit is die eerste duidelike teken dat Ramaphosa ten nouste met die sakesektor gaan saamwerk om die ekonomie op dreef te kry.

Die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, en ʼn vorige adjunkfinansminister, Mcebisi Jonas, is aan die politieke kant aangestel. Die sakesektor word verteenwoordig deur ʼn vorige uitvoerende hoof van Standard Bank, Jacko Maree, en Phumzile Langeni,  ʼn voormalige aandelemakelaar en sakevrou wat in verskeie maatskappye se bestuursrade dien.

Die voormalige direkteur-generaal van die nasionale tesourie, Lungisa Fuzile, is ook nader getrek om as raadgewer op te tree.

Die huidige minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sal die groep ondersteun. Ekonoom Trudy Makhaya is as die president se ekonomiese raadgewer aangestel.

Ekonome sê dit is ʼn goeie span met baie vernuf en kennis. Volgens ʼn ontleder is hulle ʼn moeilike taak opgelê, maar met weldeurdagte beplanning en die regte beleid kan hulle slaag.

Die hoofekonoom by economists.co.za, Mike Schussler, het vroeër gesê Suid-Afrikaanse maatskappye verkies om in die buiteland te belê, terwyl buitelandse maatskappye Suid-Afrika begin vermy.

Daar sal dus strukturele veranderinge in die ekonomie aangebring moet word. Volgens Schussler is die arbeids- en bedryfskoste vir sake-onderhandelinge in Suid-Afrika hoog.

Volgens NKC Economists is dit duidelik dat Ramaphosa die ekonomie op dreef wil kry ná jare lange wanbesteding en wanadministrasie. Die groep sê Ramaphosa het reeds die eerste stappe gedoen om die bestuursrade van staatsbeheerde ondernemings wat by staatskaping betokke was te vervang.

Ontleders meen dit is duidelik dat Ramaphosa die sakesektor se rol hoog aanslaan. Onder die vorige presidentskap van Jacob Zuma is die sakesektor grootliks met minagting hanteer.

Dit het onder meer tot ʼn openbare twis oor die Mynbouhandves gelei wat in die hooggeregshof ʼn draai gaan maak het.

In sy verklaring het Ramaphosa daarop gewys dat die span wat hy aangestel het kenners op hul gebied is en Suid-Afrika met welslae sal verteenwoordig.

Volgens ʼn ontleder besef Ramaphosa dat Suid-Afrika beleggings broodnodig het om groei in die ekonomie te ondersteun.

“Groei is nodig om werkskepping ’n hupstoot te gee. Te veel Suid-Afrikaners is werkloos en dit verminder die belastingsbronne, terwyl al hoe meer mense op maatskaplike voordele staatmaak. Dit is nie ‘n gesonde situasie vir die land nie.”

Ekonome meen egter dat Ramaphosa ook daadwerklik sal moet bewys dat hy ernstig is on knelpunte in die ekonomie aan te spreek.  Dit sluit onder meer duidelikheid oor  die grond-debat en arbeidswetgewing ing in.

Ramaphosa  is in Februarie as president aangestel. En dit het onmiddelik vrugte afgewerp deurdat Moody’s nie die land tot rommelstatus afgradeerhet nie. Boonop het die land se groei-vooruitsig ook verbeter met die Nasionale Tesourie wat groei van 1.5% vir vanjaar voorspel, terwyl ekonome ‘n groeikoes van ten minste 2%  verwag.

’n Beleggingskonferensie word ook vir die vierde kwartaal beoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hennie ·

Ek hoop hulle gaan nie white monopoly capitalists vra vir geld nie! Ek dink hulle moet lande soos Ethiopie, Zambie, Brazilie en Zimbabwe vra vir n geldjie! Die ANC moor mos blankes uit, veral ons plaasbewoners!

Belegger ·

Nou hoe dink hulle gaan hulle beleggers lok as hulle eiendom sonder vergoeding wil vat? Neewat, daar is baie beter bestuurde lande met baie meer bevoegde werknemers wat met jou geld kan woeker.

Colleen ·

Waar moet daardie lande die geld kry LOL. Hulle krepeer en dood van peste en siektes en buit ons land klaar uit met die hordes asiel soekers. Jaag almal terug na hul eie land.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hier is vir jou nog ‘n stukkie raad van ‘n absolute ekonomiese leek…..wat vir 22 jaar sy eie klein besigheid bedryf: In Suid Afrika kry hopeloos teveel mense, hopeloos teveel geld, vir hopeloos te min werk!!! En solank as wat dit so bly……….gaan geen belegger sy geldjies hier kom belê nie, dit gaan Indië of China toe….

jaco ·

Hy moet net 1 wit boer sonder vergoeding onteien en net 1 besigheid basies nasionaliseer om dit aan BEE en regstellende aksie vereistes te laat voldoen, dan gaan al sy mooi planne vir ekonomiese herstel daarmee heen wees. Geen land sal wil sake doen met ‘n land waar sulke goed gebeur nie.

Jordaan ·

Dit is reeds gedoen met die onteiening (“kuratorskap”) van minerale regte.

Hendrik ·

BEE en korrupsie saam is die probleem. Besigsighede kan eenvoudig net nie meer besigheid doen as jy nie op die regte BEE vlak is nie. Besighede moet nou eerstevlak BEE besighede(wat feitlik 100% swart is) betaal op namens hulle besigheid te doen. Dit is wat TANS aan die gang is! Weereens draai almal hul gesig weg, hulle sien wat in die industrie aan die gang is en laat Gods water oor Gods Akker loop! Sies julle en die gewone werkers ly daaronder. Daar is nog BAIE korrupsie en besigheidsmense MOET nou uit die kas kom!

H.A. ·

Korrupsie en bedrog het nou verander na wanbesteding en wanbetaling. Húlle laat dit goed klink in die buiteland…die skelms

Rynhardt ·

Ramaphosa,radikale transformasie,oopgrense,misdaad en korrupsie gaan beslis nie SA verander in n goue blom nie!Gistraand op SABC2 nuus het die einste gladde prater belowe dat groot chinese mastskappye nou gaan bele in SA.Hou ingedagte dat China reeds die helfte van republiek besit,daarom die gretigheid om hier te bele!??????Wat was al die beloftes agter die skerm vir kommunistiese China???

Theresa ·

Stem saam. Dis al lankal ‘n bekommernis en min daarvan word blootgelê.

Sou so graag wou sien dat die ekonomie herstel omdat lewens weer gerespekteer word. Buitelandse persone wat moet voldoen aan dokumente alvorens hier gebly, gekuier, gewerk mag word en dat reg en geregtigheid geskied. (klink soos ‘n fantasie?)

Chris Ws ·

Om die’ land ekonomies te laat groei en ek meen REGTIG te laat groei :
1. Sluit JACOB ZUMA lank toe.Ontein al sy bates, Nkandla ingesluit.
2. Wysig die arbeids wetgewing om oorsese beleggers te bevoordeel en nie die arbeidesmag nie.Trek ook die tande van unies behoorlik.
3. Skrap die Mynbou handsves.
4. Skrap BEE .
5. Skrap grond onteining sonder vergoeding.
Daars hy Mnr.Cyril Ramaphosa,sou jy dit kon doen, SAL hierdie land die sterkste ekonomiese land in Afrika word.Maar DIT sal nie gedoen word nie en die buitelandse maatskappye sal elders bele en werkloosheid sal deur die dak gaan.Nee ek in nie ‘n doem profeet nie maar ‘n realis!DAARS NIE ‘N MIDDE WEG NIE.

Andre ·

Chris Ws, jy vergeet ‘n hele klompie ander dinge ook, onder andere die daadwerklike bekamping van misdaad, die deportering van miljoene der miljoene onwettige immigrante, en die beëndiging van korrupsie. Jy vergeet ook dat mense sal moet begin werk in plaas van heeldag klets en op hul selfone spandeer. SA het die laagste produktiwiteit-syfer in die wêreld.

SjN ·

Raak ontslae van die onbevoegde vat cat’s en verminder kabinet om mee te begin

Reguit ·

Geen ordentlike mens wil in ‘n hool werk, leef, of daarin belê nie.

Paul ·

$100 miljard is NIE R12 triljoen nie, maar R1,2 biljoen – biljoen is 1000x miljard.

Paul ·

Dit bly maar vir my klink of hy populisties is, nou dat hy president is, praat sommer deur sy fluitkanaal, net om dit te laat klink of hy, of sy raadgewers, iets weet, regtig, ek het nie woorde nie. Sy perde trippel agter die kar wat buite beheer is aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.