SA ekonomiese groei kry nog ’n knou

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto.

Suid-Afrika se ekonomiese groeivooruitsigte vir die tweede kwartaal het weer eens ’n knou gekry.

Die tweede kwartaal strek van April tot Junie. Groei het in die eerste kwartaal met 2,2% verlangsaam. Sou die tweede kwartaal se groeisyfer teleurstel, kan die ekonomie ’n tegniese resesessie betree.

Statistiek Suid-Afrika het die week aangekondig dat vervaardigingsvolumes in Junie met 0,7% verbeter het. Die vorige drie maande se hersiene syfer was 2% teen die vorige 2,3%. Die uitslag was swakker as markverwagtinge en het ontleders se kommer aangeblaas.

Volgens ekonome is daar nou duidelike tekens dat die ekonomie nie aan die gang kan kom nie.

En volgens die gegewens het twee sektore in die produksievertoning positief getoon, twee sektore het niks bygedra nie en ses sektore het laer produksie getoon.

Die ekonomiese agentskap NKC Research sê talle struikelblokke staar die vervaardigingsektor nog in die gesig. Dit sluit die hoër brandstofpryse en hoër belastinguitgawes, wat ’n demper op aanvraag geplaas het, in. Dit het ’n beduidende rol op nuwe bestellings geplaas.

Die maatskappy wys daarop dat op ’n globale front die beoogde handelsoorlog tussen Amerika en China ekonomiese herstel wêreldwyd kan benadeel en wat die sektor nog verder kan strem.

Die maatskappy het bygevoeg dat, ofskoon die sektor se vooruitsigte nie goed lyk nie, die swakker Rand ’n positiewe impak op die sektor kan hê.

Intussen was daar nog slegte nuus vir die ekonomie.

Volgens Standard Bank het sy aankoopbestuurdersindeks in Junie tot 49,3 verswak. Dit was 50,9 in Junie en het vir die eerste keer tot onder 50 sedert Januarie gedaal. Die indeks word deur IHS Markit saamgestel.

Enige syfer bo 50 is positief en onder 50 negatief. Volgens die indeks het privaatsektoraktiwiteit afgeneem weens laer uitsette, en ’n verswakking in nuwe bestellings omdat maatskappye met swak aanvraag moet stoei. Boonop het die reeks stakings die afgelope ruk ook die sektor benadeel.

Tot dusver was die grootste staking by Eskom wat deur geweldpleging en intimidasie gekenmerk is. ’n Groter staking is in die staatsdiens afgeweer.

Twee positiewe faktore wat Standard Bank uitwys, is die lae verbruikersinflasievooruitsig en rentekoerse wat hoogs waarskynlik bestendig gaan bly.

Daar is egter een stukkie goeie nuus vir die ekonomie die afgelope week.

Sakevertroue het in Julie vir die eerste keer in ses maande weer kop opgetel. Sakevertroue word as ’n belangrike drywer van ekonomiese groei beskou.

Die Sacci-beheerde indeks het laas in Januarie gestyg. Sacci het egter gemaan dat die sakegemeenskap lugtig is om beleggings in kapitaalprojekte te maak weens die onsekerheid oor die grondhervormingsbeleid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kobie ·

Die groot boere het ook nie geplant nie dus stuur ons op ‘n ramp af.

Francois le Cochon ·

Ekonomiese groei kan slegs gebeur as daar werksgeleenthede geskep word. Werksgeleenthede kan slegs geskep word as die regering ‘n gunstige klimaat skep om kunddiges en rykes in die land te hou. Ongelukking gebeur dit nie. Wie wil nou ‘n besigheid op die been bring, en mense in diens neem, wat jy weet hulle jou plek gaan afbrand as hulle met iets ontevrede is.

Sakeman ·

Ek het my besigheidsbelange na die buiteland geskuif, dit is onmoontlik om met die nuwe anc saam te leef.

Willem ·

En die rentekoerse op beleggings is al bykans die afgelope twee jaar in sy kanon. Dit boer net agteruit, wat uiters kommerwekkend is. Al antwoord deesdae is om die lotto te wen.

Sieg ·

Ek glo nie jy sal die lotto wen nie, hulle kies nie wit nommers nie.

Msp ·

Dit is duidelik dat die regering uit sy pad gaan om die witmense uit te skakel op elke gebied. Dis nou die grond, dan staak en dans hulle vir die huise, daarna vir ons geld en besighede, so sal dit aangaan tot ons almal niks oor het nie. Terwyl mense nog kan moet hulle doen soos Sakeman gedoen het. (Maar nety voorstel) Wat ons hier bou gaan hulle vat net soos hulle die winkels, supermarkte en bottelstore leegmaak en plunder.

Siek en sat ·

Baie teleurgesteld in Ramaposa. Almal het gedink die land gaan gered word maar ongelukkig kan Ramaposa nie vertrou word nie. Hy gaan hierdie land in die afgrond in regeer met sy grondgrype.

Paul ·

En dit help nie jy het mense soos Fin minister Nhlanhla Nene en Trevor Manuel aan boord nie, maar dan knip jy hul vlerke met jou beleid en aksies.

Kobalt ·

Ai tog. En dit sal maar die probleem bly want die ANC is steeds aan bevind. Dis soos rugby, dis nie altyd die coach se skuld as hul verloor nie maar die spelers en in die geval bly die spelers die ANC. CP ht nes JZ gemaak, belowe ń beter toekoms aan die meerderheid sodat hy stemme kan kry en as dit in die sakkie is dan gee hy nie meer ń hel om nie. Werkloosheid styg onder CP, meer as 200 000 in 8 maande. Grondonteiening gaan nog meer werkloosheid veroorsaak. Korrupsie in die laaste 8 maande het ook toegeneem. Gedwonge mediese versekering in ń gekruppelde ekonomie waar die staat soveel eise teen hulle ht vir nalatigheid, daar is nie eers geld is vir nog ń gedwonge free tersiêre opleiding nie. Meer korrupsie en nog minder besteebare inkomste. SASSA betalings, BTW rn rie brandstofprys tap ons leeg. Waar gaan hy die befondsing kry? Eskom en SAL moet al in die buiteland bakhand staan. Ek dink CP trump vir JZ.! Nooit gedink iemand sou dit kon regkry nie. Well done meneer….!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.