SA se goudmyne, ʼn soort bedreigde spesie

goud-myn-mynboubedryf

Foto: DariuszSankowski/Pixabay.com

Suid-Afrika het ʼn luisteryke goudmyngeskiedenis. Dit was ook die dryfkrag wat ekonomiese groei en infrastruktuurbesteding in die vroeë 1900’s ondersteun het en die land se ekonomie tot die grootste in Afrika gestoot het.

Tog is daar nou ʼn skadu wat oor die eens glorieryke ekonomiese sektor hang. Die hoofekonoom by economists.co.za, Mike Schüssler, sê die goudsektor het nou sowat ʼn arbeidsmag van 100 000 – die laagste sedert 1910. Schüssler het die bevinding op ʼn Facebook-inskrywing gemaak.

Die syfer word egter op 120 000 geskat deur die Minerale Raad, voorheen bekend as die Kamer van Mynwese. Die raad wys daarop dat die Witwatersrand steeds die wêreld se grootste reserwes van die edelmetaal het, en dat dit tot hede meer as 2 miljoen onse goud gelewer het.

Ontleders sê egter die probleem om die erts te myn, is veelvoudig. Dit is te diep en die onlangse ongelukke by Sibanye Stillwater toon dat nuwe tegnologie te duur is om van die goud te ontgin.

Nog ’n tikkie slegte nuus is dat die raad sê dat teen huidige pryse, meer as die helfte van Suid-Afrikaanse myne marginaal is. Dit beteken dat dit duurder is om gouderts te myn as die wins wat die myn uit die mynboubedrywighede verdien. Een voordeel is dat die swakker rand die myne ʼn slaak van verligting bied.

Tog is daar een straaltjie van hoop vir Suid-Afrika. Die Goldfields-beheerde South Deep-myn, waar daar grootliks met meganika gemyn word, is die wêreld se twee grootste myn.

Om goudmyne te verstaan, gaan praktiese werk en teorie kos. ʼn Vorige skakelbeampte by AngloGold (voor sy samesmelting met Ashanbti), Gerda Kruger, het gereël dat ek by TauTona, die wêreld se diepste myn kon ingaan.

Die ander twee myne in die kompleks is Savuka en Mponeng. Dit is by die vorige Western Deep Levels-myn.

“Dit is hoe jy ʼn myn leer ken,” het Kruger aan my verduidelik.

Die eerste ding wat vir my verbysterend was, was die tyd wat dit neem om af te sak. Dit gaan gouer opwaarts. Omdat TauTona aangrensend ander myne is, moet alle mynwerkers op sekere tye uit die myn wees word sodat dinamiet geskiet kan word.

Dit is nie ginnegaap nie. Dit is oorpak aantrek en in die skagte van groewe afsak sodat daar hard gewerk kan word.

Van die staatmakerskagte van bekende myne soos Harmony en Anglogold Ashanti is egter ook al gesluit.

Ofskoon Suid-Afrika se goudmynproduktiwiteit aan die weste van Gauteng geleë is, was die Oos-Rand ook ʼn bul van ’n produsent. Die Vrystaat het ook sy pot vol goud gelewer. En dit is hier waar myne net ʼn natuurlike dood gesterf het. Blyvooruitzight, ERPM, ERA, Kinross, Beatrix, Joel, Stillfontein, Orkney, Crown… myne wat hul pond vleis vir Suid-Afrika gegee het.

Die Minerale Raad se nuwe Suid-Afrika goudproduksie bedra sowat 5% van die wêreld se voorraad. Tog, toe Suid-Afrika as die wêreld se voorste goudprodusent bekend gestaan het, kon niemand by hom kers opsteek nie. Nou het die land uit die top tien uitgesak en is deur lande soos China, Australië en die VSA verbygesteek.

Goudprodusente het in 2014 sowat R1,6 miljard in belasting betaal.

Die minerale raad se vergoeding het die afgelope tien jaar met sowat 1% gestyg. En in 2012 het mynwerkers ʼn gewaarborgde R13 435 per maand ontvang.

Een interessante feit wat die in die argiewe verdoesel is, is dat die Rupert-familie met hul belang in Remgro, die wêreld se vierde grootste goudbelang gehad het deur maatskappye soos Gencor en Goldfields.

Daar is ’n komedie en talle rolprente en stories oor die goudmynbedryf saamgestel. Terwyl ek die storie aangepak het, het ek egter besef hoeveel reuse, myners, ontleders en myne net weg is. Sonder hul geskiedenis is ons land soveel armer.

Tog bly die boek van John Oxley Down Where No Lion Walked ’n juweel. Dit gee die weergawe hoe die Oppenheimer-familie onder leiding van die patriarg Sir Ernest by die regering moes gaan aanklop vir finansiering. Hoe die geld met rente terugbetaal is en verskeie mylpale wat behaal is terwyl die myn, voorheen bekend as Western Deep Levels, ontwikkel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

marous ·

Uitgeput en daar is geen plan in plek gestel vir vervaardiging of ander ekonomiese haalbaarheid nie. Die ander goudmyn naamlik die belastingbetaler is ook uitgeput.

Grassie ·

JMC – ek dink albei is reg maar met verskillende betekenisse. Kers opsteek is om by iemand raad te vra. Kers vashou is om iemand se gelyke te wees.

JH ·

Daar is planne. Wil dit net nie gebruik nie. Hordes mense sit sonder werk maar daar word soveel masjienerie ingevoer wat net hier op eie bodem vervaardig kan word.

Chris Ws ·

Die myne het ‘n werk en heenkome aan derduisende mense van alle kleure gebied.Dis nie meer die geval nie.Die myne is nou ‘n wit olifant as dit by werkskepping kom.Hoekom??Die vakbonde /unies het te veel mag gekry deur die regering met hul arbeidwetgewing.Die gevolg is myne wat nog goud erts het maak net toe.Ek weet van talle wat net berdywighede gestaak het en almal laat loop het omdat dit net nie meer lonend is agv vakbondese eise nie.Hierdie is netdie begin.SA gaan binne ‘n paar jaar geen werkende myne meer oor he nie.Dis net nie meer lonend genoeg nie.Die Mynbouhandves verhaas die sluiting van alle myne net.Die regering EN CYRIL RAMAPHOSA is te ONNOSEL om te sien wat doen hulle aan die land se ekonomie.Als net vir stemme vir die anc volgende jaar.
Ek het 34 jaar in myne gewerk.Baie aangename herinneringe daaroor!Maar dis geskiedenis.Dit sal NOOIT weer dieselfde wees nie.Dankie anc!

Harry ·

Na die Marikana-episode het die mynbousektor ewe skielik vinnig weggekrimp en die gevolge daarvan word nou baie duidelik gevoel. Al wat nog oorbly is die toerisme en landbou, maar met die vurige grondgrypers en korruptes aan die voorpunt van verwoesting, word toeriste en beleggers goed afgeskrik, terwyl voedselproduksie selfs vir die lokale mark in gevaar begin staan. Hier is iets aan die kom!

gutjoe ·

goed so! alke myne verdien dit omdat hulle die ongesjrewe beleid uitoefen om van blanke manse ,55+ op die lelikste maniere denkbaar, ontskae te raak. whoep whoep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.