SA se myne, ’n droewige prentjie

Argieffoto

Suid-Afrikaanse mynbou is in ’n krisis gedompel. Dit is die mening van mynbou-ontleders nadat nóg ’n groot myngroep drastiese inkortings in sy produksieteikens en afskaling van personeel aangekondig het.

Impala Platinum, die wêreld se tweede grootste platinumprodusent,  het aangekondig dat hy sy toekomstige produksie tot 520 000 onse per jaar gaan verminder. Die myngroep beoog ook om sy aantal skagte van elf tot ses te verminder. Die grootste knou vir die ekonomie gaan die beplande aflegging van 13 000 poste wees.

Dit juis omdat Suid-Afrika tans sukkel om die ekonomie aan die gang te kry. Ekonome blameer die regering vir die vertraagde ekonomiese groei wat, onder meer, nie werkskepping ’n hupstoot kan gee nie. Die jongste werkloosheidsyfers toon dat die land se werkloses nog verder toegeneem het.

Impala Platinum is die jongste myngroep wat drastiese herstrukturering aangekondig het. Boonop wag Sibanyane-Stilwater nog steeds op die regering se toestemming om skagte by Anglo Platinum oor te neem wat duisende poste kan red.

Een van die probleme wat platinummyners pootjie, is die lae platinumprys. Die platinumprys het in die vroeë 2000’s tot bo $2000 per ons gestyg. Dit wipplank tans net bo $815 per ons. ’n Faktor wat vraag na dié edelmetaal stonk, is die oorskakeling van brandstofgedrewe- na elektriese motors. Laasgenoemde benodig nie katalisators wat van platinum vervaardig is nie.

Implats sê hy gaan die herstrukturering infaseer en Rustenburg Platinum, wie se leeftyd naby ’n einde is, gaan gesluit word. Skagte wat nie ekonomies bedryf word nie, sal ook gesluit word.

Implats se bestuurshoof, Nico Mulder, sê die myngroep gaan ook oorweeg om van sy skagte te verkoop.

Die herstrukturering sal Implats R2,7 miljard kos. Wat die herstrukturering meebring, is dat Implats se uitsette drastes gaan krimp. Hy het tans 40 000 werknemers wat 750 000 onse platinum per jaar produseer. Met die inkorting tot 520 000 onse, gaan hy nou minder platinum as Lonmin, wat ook in ’n oorlewingstryd gewikkel is, produseer.

In nog triestige nuus uit die sektor het die diamantreus De Beers aangekondig dat hy sy Voorspoed-myn naby Kroonstad gaan sluit. Dit, nadat hy nie ’n koper vir die 700 000 karaat per jaar diamantmyn kon vind nie. Die myn het bykans 400 werknemers en 500 kontrakteurs.

En die goudmynsektor lyk ewe droewig. Die minerale raad reken dat 75% van Suid-Afrika se goudmyne nie winsgewend is nie. Dit terwyl NUM en AMCU onrealistiese looneise ter tafel gelê het tydens die nuutste loononderhandelinge.

Die raad sê dat die eise net tot mynsluitings en afleggings kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anoniem ·

Ons sit ook sonder werk des agv n exxarro myn wat toe is no work more crime !!!!!!!!

Herbekwaam ·

Mense in die mynbou en landbou en ander oorvol of vallende sektore moet hulleself bekwaam in nuwe tegnologie, dit is die toekoms, nie natuurlike hulpbronne nie.

Wurmpie ·

Die unies is besig om die myne en S A se ekonomie te vernietig

Akademi Buktu ·

Jy is in die kol! Daar word heeltemaal te min “erkenning” aan die vakverbonde gegee vir hul vernietigende bydrae op vele terreine – die ekonomie is maar een.

Hanna Hoekom ·

Toemaar, hulle gaan nou almal boer op die grond wat hulle gaan kry! CR het mos belowe! Kommersiele boere van die toekoms. Wie wil dan nou nog pik slaan?

Anoniem ·

Dis hartseer dat dit so gaan mense was verseker van werk maar nou val alles uitmekaar mens dink aan pensioen dae wat voor le verstaan hkm hier soveel.srmoefe is in die land

Alki ·

Stem saam met Wurmpie, die alewige gestakery sedert 2014 wat nou sy tol eis.

Ella ·

is daar een suksesverhaal in SA sedert die huidige regering oorgevat het?
In sy golf, in Engels “wake”, le gesondheid, water, wet en orde, reg en geregtiheid nasietrots, veiligheid en sekuriteit, mynwese, Wat nog?
Ons identiteit word misken want ons mag nie meer Die Stem sing of enige ander lied wat ons na aan die hart le. Ek is een van daai wat opgestaan het as die volkslied op TV of radio gespeel het. Ek staan nou net op as daardie deel gehoor word.
En dit gaan nie beter word nie.

Janneman ·

Ja, so toi toi en “demand” hulle hulself uit a job uit en blameer dan kapitalisme.

Celtis Africana ·

Minstens gaan die Zama zama’s dit oorneem, gewaarborg.
Geen onderhandelings vir verhogings, geen stakings, geen duur veiligheidsreëls om te implementeer nie en bowenal spandeer hul plaaslik.
Die lont raak nou werklik baie kort vir die grypograsie.

marous ·

Myne moet verander word na joune , met die bankrekening vol . Dis wat hulle wil he

Alida ·

DIE HELE SA IS ‘N DROEWIGE PRENTJIE DIE MYNE IS MAAR NET EEN DAARVAN. CR SAL NOU SY STEMSOEKERY MOET STAAK EN IETS AAN DIE SITUASIE DOEN. DIE MYNE DIE VERSWAKTE BEJAARDES WAT NIE VERSORG WORD NIE EN GEVOLGLIK OOK VAN HONGER SAL STERF. DIT IS ALLES IN DIE ANC SE BOEK GESKRYF. LOS DIE PROBLEME OP ASB.

Arie ·

Die probleem is CP is nie in beheer nie die anc regeer hom! Ek kan nie verstaan hoe enige iemand met bietjie breins nog vir die anc stem nie en hulle gaan weer met gemak wen! Ons volg in zim se voetspore

Nita ·

So gaan dit as die stert die hond begin swaai. Unies was loshande die grootste oorsaak van werkverliese die afgelope 30 jaar. En steeds woed dit voort. Maar nou met die ryklike geldinspuitings van China af sal Chinese ook nou geredelik die land inkom en die werk kom doen met baie minder klagtes en eise. En nog meer werksgeleenthede gaan verlore gaan. Maar watwo dit gaan die plaaslike bevolking ook nie pla nie. Hulle bewapen hulleself net en meer moorde en rooftogte gaan volg. N man moet mos darem vir sy 3 vrouens en 10 kinders kan sorg.

slider ·

die stakery roei die myne en industrie as n geheel uit. tog raak hulle eerder van blankes wie, bevoeg, gesond en sterk is ontslae. kry vir julle die voorvasergeeatwe van die blankes kom nog nader. huil oor daardie 55plussers wat in ellende gedompel word.

David ·

As ‘n bedryf nie winsgewend is nie, skaal jy dit af, of maak dit toe. Watter nugtere belegger gaan sy pêrels voor die swyne gooi?

Peter Holmes ·

As ek reg kan onthou het die klomp mos so vyf jaar gelede R12500 per maand ge demand by Marikana en ander myne in Rustenburg. Is dit nie nou ironies dat ongeveer 12500 hulle werk gaan verloor nie.

George van Bloem ·

Dis wat gebeur as kommuniste die land regeer en jy sit met kommunistiese unies wat herltemal te veel mag gegee is. Mens hoef geen Einstein te wees om dit raak te sien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.