Spar het rede om te glimlag

spar

Foto: Commons.wikimedia.org

Twee van die land se toonaangewende kleinhandelkettinggroepe het so pas blink finansiële verslae uitgereik. Tog is daar kommer dat die rand se wisselkoers en styging in brandstofpryse waarskynlik verbruikers se krane kan toedraai.

In sy tussentydse verslag tot einde Maart sê die kleinhandelgroep Spar dat sy omset vir die periode met 5,3% tot R50,9 miljard gestyg het.

Spar sê, ondanks die vroeë tekens van verbeterde verbruikers- en sakesentiment, die handelsomgewing waarskynlik onveranderd gaan bly.

Die groep sê, ofskoon kleinhandelinflasie tot ʼn laagtepunt gedraai het, dit nou waarskynlik sal opskiet. Volgens die groep is hoë brandstofpryse en die randwisselkoers is die sondaars. Die groep sê dit sal daartoe lei dat verbruikers onder druk sal bly.

Spar voorsien dat sy bedryf in Suid-Afrika nog steeds goed kan vaar. Maar hy benadruk dat sy buitelandse bedrywe, wat grootliks in Brittanje is, deur die onsekerhede van Brexit ondermyn kan word.

Die groep sê egter die verspreidingsgroep, BWG, is gereed om munt te slaan uit enige positiewe ontwikkelinge in Brittanje.

Intussen sê die uitvoerende hoof van Famous Brands, Darren Hele, dat handelstoestande na verwagting taai sal bly. Hy sê intense wedywering en verbruikers wat waarde vir hul geld soek, die deurslag sal gee.

Volgens Hele is daar ʼn groter optimisme te bespeur onder Suid-Afrikaners sedert die land se politieke leierskap verander het. Hy sê die stabiele rentekoerse en ’n meer openlike houding jeens die land se kredietgraderings gee dit ook ’n hupstoot . Hy meen egter die verhoging in BTW verbruikers minder diskresionêre besteding toelaat.

Die groep se hooflynverdienste het met 13% tot 613 sent gestyg.

Hele sê die Suid-Afrikaanse ondernemings, onder meer, Wimpy, Steers, en Debonairs Pizza het goed gedoen.

Sy besigheid in Brittanje, Gourmet Burger King, het steeds onder druk verkeer.

Hele voorsien dat Suid-Afrika nog winkels gaan byvoeg wat die groep sal help. Daar word ook gekyk na tien nuwe winkels in Brittanje.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cherokee ·

Met ‘n glimlag aan die boikotters wat gespog het oor hoe hulle die SPUR gespur het..:-)

zoom zoom ·

Cherokee. Wat sal dit vir jou wees Koffie of Sop. He He He

zoom zoom ·

Cherokee en wat sal dit vir jou wees? koffie of sop. Het ook al sulke blapse gehad

Cherokee ·

..en vir die wat wonder, Swart Etiket is soos in Black Label :-)

honourable member ·

SPAR winkels is puik en mens koop baie lekker daar. Goeie pryse.

Ella ·

Hulle glimlag oor winste en ons huil oor hulle pryse. Hoe kan winkels toegelaat word om sulke winste te toon.terwyl die verbruiker al swaarder trek?

snoefie ·

spar se sukses kan moonrlik toegeskryf word aan die feit dat meeste klein plattelandse dorpies net spar supermakte het want die groter ketting groepe wil mos hoër inwonergetalle hê alvorens n winkel in n klein dorpie sal oopmaak.

Gerhard ·

Dit is hoe ‘n vrye mark werk. ‘n Besigheid se doel is om wins te maak. Jy hoef nie by hulle te koop nie, koop by een wat besig is om onder te gaan. Dit sal ongelukkig nie noodwendig goedkoper wees nie.

Stokkies ·

Ek weet nie van alle takke nie maar een van hulle is nogal duur t.o.v. ander kettingwinkels wat ek ken.. Dalk is die verkope hoog omdat mense bloot te lui is om in hul kar te klim en na n groot winkelsentrum te ry.. of is dalk net bloot onkundig oor hoeveel goed moet kos.. dieselfde storie met Woolworths, maar sommiges voel die kwaliteit en “organiese” beloftes is die moeite werd

D P J ·

Wanneer ‘n besig goed vaar dan almal uit teen die besig.
Hul vergeet van goeie bestuur en ding reg te doen.
Mooi so SPAR geluk met die prestasie.

HPV ·

Ella, mens begin ‘n besigheid om wins en ‘n lewe daaruit te maak. Besighede skep werkgeleenthede wat bydra tot die welvaart in die land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.