Geldwa in Sasolburg beroof

Argieffoto

‘n Onbekende hoeveelheid geld is Saterdagoggend tydens ʼn transitorooftog in Vaalpark, Sasolburg, geroof.

Konst. Peter Kareli sê ʼn Coin Security-voertuig was onderweg na ʼn vulstasie in die Naledi-nywerheidsgebied.

“Die voertuig het by ʼn stopstraat by ʼn kruising stilgehou toe ʼn Toyota Land Cruiser teen die kant van die geldwa vasgejaag het,” het Kareli gesê. ʼn BMW en Volkswagen Golf het “skielik” ook op die toneel verskyn. “Vier mans het uit die voertuie gespring. Hulle was met outomatiese gewere gewapen.”

Hulle het drie keer op die voertuig geskiet. Een van die rowers het na die bestuurder se deur gegaan en dit oopgemaak. “Dit is nog nie duidelik hoe hulle die deur oopgekry het nie,” het Kareli bygevoeg.

Die rowers het twee vuurwapens van die veiligheidswagte gesteel. Hulle het daarna die kontant gesteel en van die toneel gevlug. Nie een van die drie voertuie het ‘n registrasienommer gehad nie.

Een veiligheidswag het geringe beserings opgedoen.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.