Geldwa-veiligheidswag in Wes-Kaap beroof

ʼn Veiligheidswag van ʼn geldwa is Donderdag in Parow, in die Wes-Kaap, van ʼn onbekende bedrag geld beroof.

Volgens kaptein Frederick van Wyk, ʼn woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, het die geldwa by ʼn vulstasie stil gehou waar die beampte geld moes oplaai.

“Die wag het die geld gaan haal en was op pad terug na die geldwa toe ʼn groep van vier mans hom oorrompel en van die geld beroof het. Hulle het met die geld gevlug. Geen inhegtenisname is tot dusver gemaak nie. Niemand is in die voorval beseer nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.