Geloftevolk kla Zuma aan oor “skiet die boer”

Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Geloftevolk Republikeine het Vrydag ʼn klag van haatspraak by die Menseregtekommissie ingedien teen president Jacob Zuma.

Die leier van die Geloftevolk Republikeine, Andre Visagie, sê hy het die klag aanhangig gemaak “namens die Boervolk.” Die eerste klag hou verband met Zuma se sing van die “verbode lied”, “dubul’ibhunu” (skiet die Boer) tydens die ANC se eeufeesvieringe in Bloemfontein op 11 Januarie. Die Geloftevolk het ook ʼn tweede klag aanhangig gemaak teen die polisie omdat hulle glo nie opgetree het tydens die moordverhoor van die voormalige AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, waar swartmense glo plakkate opgehou het wat gelees het “boere word gebleksem” (sic) nie. Die derde aanklagte hou verband met die ANC regering se “versuim” om ʼn spesiale mag aan te stel om boere op plase te beskerm na die ontbinding van die millitêre kommando’s. Die ANC regering het ook teen die Boer jeug diskrimineer “aangesien hulle met opset uitgesluit word van werk in die regering en privaat sektor,” sê Visagie. “Nou word hulle gestraf vir apartheid omdat hulle ʼn wit vel het.” Visagie sê hy hoop die saak sal internasionaal aandag trek “aangesien ons doodgemaak word in die land omdat ons wit velle het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.