Geloftevolk-leier skuldig oor wapens

André Visagie. Foto: Facebook

André Visagie. Foto: Facebook

André Visagie, leier van die Geloftevolk Republikeine, is in die Kimberley-landdroshof skuldig bevind aan die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, berig Beeld.

Visagie se seun en medebeskuldigde, Jan (18), is vrygespreek op die aanklagte teen hom. Landdros Vernon Smith het in sy uitspraak gesê Visagie het ʼn “absolute gebrek aan vertroue” in die polisie en dat hy bekommerd is oor plaasaanvalle en dus glo dat mense hulself moet kan beskerm. Visagie het vroeër aan die hof gesê dat die kis met wapens wat in sy seun se kamer gevind is, daar geplant is. Smith het Visagie skuldig bevind maar gesê daar is geen bewyse dat sy seun geweet het van die kis wapens in sy kamer se kas nie. ʼn Vonnisdatum moet nog bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Daan ·

Wonder wie is die Geloftevolk Republikeine. Nog ‘n splintergroep wat hulle eie onsinnighede najaag. Ek bly eerder ‘n realistiese Suid Afrikaner.

Jasper ·

Ek is nie so goed ingelig nie. Kan iemand dalk noem hoeveel partye, organisasies en ordes hul tans beywer vir ons Volk se Vryheid ?

Demokraat ·

Jasper, ek het nie die getal nie maar daar is ‘n swetterjoel van organisasie, fronte en partye wat in dieselfde kategorie val as die Geloftevolk Republikeine. Dis net eienaardig dat hulle nie een gesamentlike front/alliansie/party kan vorm nie. Hulle het dus geen kans om ooit beheer van die land se regering oor te neem nie ten spyte van hul soms dreigende en aanvallende houding.

Jasper ·

Demokraat, om aan te sluit.
Die Land is besig om te brand, ons is besig om nog n “Bloukrans” te beleef. Maar as ek so op die Forums lees hoe elke hoenderhaantjie op sy eie mishopie kraai en mense mekaar oor beuselagtighede uitmekaar trek en slegsê gaan ons Volkie nog baie bloed skenk. As nog iemand vir my sê om betrokke te raak bevuil ek myself.
Ons mense soek leidsman, maar sal hom nie vind voor ons op ons kniee begin nie.

Peter ·

Die enigste keer waar Suid Afrikaners saam gestaan het, was by die reling op die skip op pad Ceylon toe en visse kos gegee het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.