Geluk by die ongeluk vir Boston-slagoffer

James en sy verloofde Krista. Foto: Facebook

James en sy verloofde Krista. Foto: Facebook

James Costello het ernstige brandwonde opgedoen tydens die Boston-marathon-bomaanval in April vanjaar waarin drie mense dood en meer as 170 gewond is.

Die geluk by die ongeluk het Costello egter getref tydens sy herstelproses toe hy sy toekomstige vrou ontmoet het, berig die Los Angeles Times. Costello het die verpleegster Krista D’Agostino ontmoet terwyl hy by die Spaulding-rehabilitasiehospitaal herstel het. Costello het D’Agostino agt maande later die jawoord gevra terwyl hulle op ʼn tien dae lange bootrit na Europa was. Die bootrit is gereël vir oorlewendes van die dubbele bomaanval. Volgens die tydskrif Boston het Costello die aankondiging op sy Facebook-blad gemaak. “15 April was een van die slegste dae van my lewe. Ek het begin wonder hoekom en vir watter rede dit gebeur het. Ek besef nou hoekom ek betrokke was by die tragedie. Dit was sodat ek my beste vriend en die liefde van my lewe kon ontmoet.”

Bron: Los Angeles Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.