“Gelukkige maaltyd” toe eintlik heroïen

mcdonalds‘n Werknemer van ‘n McDonalds-tak in Pittsburg in die VSA is Woendag aangekeer na dit geblyk het die spesiale “Happy Meals” wat sy aan klante verskaf het, bevat heroïen.

‘n Informant het aan die polisie gesê klante wat hierdie “spesiale” pakkies wou ontvang, moes as kode sê: “Ek wil speelgoed bestel.” Na ‘n rit op die “McDrive” en die oorhandiging van die regte bedrag, het die klant sy buitengewone “happy meal” ontvang.

Toe die 26-jarige Shania Dennis aangekeer is, is tien sakkies heroïen in Happy Meal-verpakkings gekry, en later nog vyftig sakkies.

Nog ‘n McDonalds-werknemer is vroeër vandeesmaand in die dorpie Murrysville vir die verkoop van heroïen aangekeer.

Volgens die polisie hou dit nie verband met die verspreiding van heroïen wat met fentaniel gedokter is, en tot 22 gevalle van oordosisse in Pennsilvanië gelei het nie.

Bronne: US Today, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.