Gemeenskap en taxi-bestuurders stamp koppe

Polisie hou 'n oog oor betogers in Olievenhoutbosch. Foto: Gerhard Pretorius, Beeld.

Buspendelaars en Taxi-bestuurders het Woensdagoggend in Olievenhoutbosch, naby Pretoria, koppe gestamp na taxi-bestuurders Dinsdagmiddag gewelddadig teen busdienste in die gebied opgetree het.

Die R55-pad is Woensdagoggend toegemaak na betogers die pad met klippe en stene versper het. Daar het ook spanning tussen die twee groepe geheers en polisie moes ingeroep word om die situasie dop te hou.

Die taxi-bestuurders is ongelukkig dat die busdiens in hul omgewing in werking is. Die gemeenskap voel egter hulle wíl van die busdienste gebruik maak.

Volgens die polisie het die toestand teen die middag begin bedaar.

“Die verskeie rolspelers het ingestem om oor die aangeleentheid te vergader. Dit sal deur gemeenskapsleiers, taxi-bestuurders en verteenwoordiges van die busdienste, Tshwane-metropolisie en polisie bygewoon word,” het luitenant-kolonel Tshisikhawe Ndou gesê.

Niemand is in die betogings beseer nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.