Gemeenskap steek beweerde misdadiger aan die brand

vuurvlamʼn Man is Woensdagoggend in KwaZulu-Natal doodgemaak deur ʼn groep mense wat glo die gereg in eie hande geneem het.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die 29-jarige man was by sy huis in Umlazi toe ʼn groep inwoners hom konfronteer het.

Familielede van die man het aan die polisie gesê die groep mense het hom van ʼn misdaad beskuldig.

“Die man se liggaam is nie ver van sy huis af gevind nie. Hy het verskeie wonde gehad en is ook aan die brand gesteek,” het Naicker gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vas Vat ·

Hierdie gaan al hoe meer voorkom, “gruwelrig” maar dit is wat bedoel word met, n oog vir n oog.

wragtig ·

As almal so saamstaan wit en swart dink net hoe veilig gaan dit word. Die polisie is tog useless. Ek wens dit word elke dag gedoen.

Eben ·

Mooi so manne …. polisie was seker besig om KFC te eet! As julle so aangaan is daar nou-nou geen misdaad. Soek vir ons bietjie ook die sleg helle wat plaas moorde pleeg en maak van hulle n voorbeeld!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.