Gemeenskap trek rowers vas

Inwoners van Meyerton het oor die naweek ingange na die dorp versper om na verdagtes te soek wat glo by ʼn huis, waar ʼn ma en haar kinders tuis was, wou inbreek.

“Ek en my kinders was alleen by die huis toe die honde erg begin blaf het. Ek het gaan ondersoek instel en vyf mans by die voordeur sien staan,” het die vrou, wat anoniem wou bly, aan Beeld gesê. “Hulle het inbraakgereedskap by hulle gehad.”

Sy het geskreeu, maar dit het die mans nie afgeskrik nie en hulle het aanhou probeer om die veiligheidshek oop te breek. Die vrou het haar man gebel, wat opgedaag het net toe die verdagtes weggejaag het. Hy het hulle agternagesit en teen hul voertuig gebots.

Die verdagtes het verder te voet gevlug. Die vrou het ook die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum in kennis gestel. Al die onderskeie polisiëringsforums in Meyerton het op haar oproep reageer. Die inwoners het in soekgroepe opgedeel en strate versper. Hulle het die verdagtes later in ʼn veld aangekeer waar hulle weggekruip het.

 

Sapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.