Gemeenskap veroordeel ma wat skool aanvat ná pakslae

Charl Potgieter op sy eerste skooldag in graad R.

Charl Potgieter op sy eerste skooldag in Graad R.

Nadia Potgieter, ʼn ma van Koppies in die Vrystaat wat ʼn saak van aanranding teen ʼn onderwyseres aanhangig gemaak het nadat sy glo haar vyfjarige seuntjie op sy tweede skooldag pakslae gegee het, sê die plaaslike gemeenskap veroordeel haar.

Maroela Media het Vrydag berig dat Potgieter ontstoke is nadat haar seuntjie, Charl, ʼn Graad R-leerling in Laerskool Sarel Cilliers, se boudjies bloedrooi geslaan is. Sy het dieselfde dag van die voorval Charl en haar ouer seun, Jaco (9), uit die skool verwyder. Lees meer hier.

“Die mense sê wat ek gedoen het, is nie reg nie,” het sy Woensdag aan Maroela Media gesê. “Hulle sê die onderwyseres ervaar reeds baie spanning en nou veroorsaak ek vir haar nog meer spanning.”

Die onderwyseres se naam mag nie genoem word nie, aangesien die aanrandingsaak nog ondersoek word. Sy is ook nog nie amptelik aangekla nie en het dus nie in die hof verskyn nie. Maroela Media het egter verneem dat sy ʼn gesiene vrou in die gemeenskap is.

“Mense is vinnig om my te kruisig, maar wat sou hulle doen as dit hulle kind was? Ek het die houe gehoor en gesien. Ek het gehoor hoe huil my kind. Baie mense praat lyfstraf goed, maar ek nie. My kind kry nie pak by die huis nie. Ek het nooit pak gekry nie, en daar is niks fout met my nie. Daar is talle ander maniere om ʼn kind dissipline te leer. My kind lewe nou in vrees en weier om na enige skool toe te gaan. Mense wat my nie eens ken nie sê my kind is stout, maar hy is nie, hy is soos ʼn doodgewone vyfjarige. Hy het bloot pak gekry omdat hy gehuil het omdat hy saam met wou gaan, en nie by die skool wou wees nie.”

Potgieter het vroeër gesê dat Charl Woensdag, die eerste dag van die akademiese jaar, baie opgewonde was om skool toe te gaan. Daardie middag het hy glo gesê hy wil nie teruggaan skool toe nie en wou nie verder uitbrei nie. “Hy wil nou nog nie vir my sê wat Woensdag gebeur het nie, maar Jaco het vir my gesê hy het gesien hoe die betrokke juffrou se helper aan Charl geruk en pluk het, toe Charl tydens pouse in die eetsaal na sy boetie toe wou gaan,” het Potgieter gesê.

Sy sê Jaco is intussen na Laerskool Drie Riviere oorgeplaas en hy is dolgelukkig daar. “Charl gaan Maandag na ʼn plaaslike kleuterskool toe, ek hoop en bid net hy gaan ‘oukei’ wees.”

Martinus Willemse, die skoolhoof, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy het die saak by sy hoofde by die departement van onderwys aangemeld vir verdere ondersoek. Hy het ook gesê die skool gee sy volle samewerking aan die polisie. Hy is deur die departement aangeraai om nie verdere kommentaar te lewer nie.

Howard Ndaba, ʼn woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, het Vrydag aan Maroela Media gesê oor die algemeen is enige vorm van lyfstraf ʼn kriminele misdryf en word dit glad nie by skole aangemoedig nie. Hy het gesê dit is goed dat die ma die saak by die polisie aangemeld het, sodat dit ondersoek kan word en die reg sy pad kan gaan. Hy het ook gesê die departement sal ʼn interne ondersoek van stapel stuur.

Maroela Media het Woensdag die Vrystaatse polisie gebel om te hoor hoe ver die saak vorder, klik hier om hul kommentaar te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

65 Kommentare

jongste oudste gewildste
Joof

JAMMER.

Ek slaan nie aan my kinders nie, en as daar onderwysers/resse in die sisteem is wat hierdie barbaarse praktyk uit onnoselheid of onkunde gebruik, moet hulle blootgestel word en uit die sisteem verwyder word.

Jy sukkel nie met n leeuwyfie se welpies nie!

N Bell’s vir Jou, Nadia Potgieter!

Joof

JAMMER.

Ek slaan nie aan my kinders nie, en as daar onderwysers/resse in die sisteem is wat hierdie barbaarse praktyk uit onnoselheid of onkunde gebruik, moet hulle blootgestel word en uit die sisteem verwyder word.

Jy mors nie met n leeuwyfie se welpies nie!

N Bell’s vir Jou, Nadia Potgieter!

Ria Maritz

Nee wat, die Bybel is duidelik hieroor, tugtig diegene vir wie jy lief is, EN buig die boompie terwyl hy nog jonk is. Ek het pakslae gekry, ek het in my lewe NOOIT teegepraat of “trantrums” gegooi voor my onderwysers of ouers nie. Inteendeel, ek is dankbaar vir elke hou, want ek het dit verdien – en nee, ek is nie aangerand nie, net getugtig. Mamma praat een keer, en die tweede keer slaan sy. Moet ook byvoeg, ek het geen sielkundige letsels opgedoen nie. Die wetgewing het verander, ja, ouers mag nie kinders slaan, dieselfde geld onderwysers – dis… Lees meer »

Eben

Nadia ek was een van die ‘duisende’ wat jou veroordeel het, maar ek staan by my punt. ‘n Kind moet dissipline kry, en dit word slegs gedoen met tug. Ek en die meerderheid is getug toe ons klein was en makeer niks. (ek weet jy gaan ook noem duisende word nie getug maar makeer niks :-) ) Vandat tug uit die skole is, is daar geen disipline. Jy kan om jou kyk om die resultate te sien. Maar om polisie toe te hardloop en dus ook n krimenele rekord daar te stel vir die betrokke dame, was dit nodig? Kon… Lees meer »

Fanie van Heerden

Meer probleem-ouers as probleem-kinders.