Gemeenskap veroordeel ma wat skool aanvat ná pakslae

Charl Potgieter op sy eerste skooldag in graad R.

Charl Potgieter op sy eerste skooldag in Graad R.

Nadia Potgieter, ʼn ma van Koppies in die Vrystaat wat ʼn saak van aanranding teen ʼn onderwyseres aanhangig gemaak het nadat sy glo haar vyfjarige seuntjie op sy tweede skooldag pakslae gegee het, sê die plaaslike gemeenskap veroordeel haar.

Maroela Media het Vrydag berig dat Potgieter ontstoke is nadat haar seuntjie, Charl, ʼn Graad R-leerling in Laerskool Sarel Cilliers, se boudjies bloedrooi geslaan is. Sy het dieselfde dag van die voorval Charl en haar ouer seun, Jaco (9), uit die skool verwyder. Lees meer hier.

“Die mense sê wat ek gedoen het, is nie reg nie,” het sy Woensdag aan Maroela Media gesê. “Hulle sê die onderwyseres ervaar reeds baie spanning en nou veroorsaak ek vir haar nog meer spanning.”

Die onderwyseres se naam mag nie genoem word nie, aangesien die aanrandingsaak nog ondersoek word. Sy is ook nog nie amptelik aangekla nie en het dus nie in die hof verskyn nie. Maroela Media het egter verneem dat sy ʼn gesiene vrou in die gemeenskap is.

“Mense is vinnig om my te kruisig, maar wat sou hulle doen as dit hulle kind was? Ek het die houe gehoor en gesien. Ek het gehoor hoe huil my kind. Baie mense praat lyfstraf goed, maar ek nie. My kind kry nie pak by die huis nie. Ek het nooit pak gekry nie, en daar is niks fout met my nie. Daar is talle ander maniere om ʼn kind dissipline te leer. My kind lewe nou in vrees en weier om na enige skool toe te gaan. Mense wat my nie eens ken nie sê my kind is stout, maar hy is nie, hy is soos ʼn doodgewone vyfjarige. Hy het bloot pak gekry omdat hy gehuil het omdat hy saam met wou gaan, en nie by die skool wou wees nie.”

Potgieter het vroeër gesê dat Charl Woensdag, die eerste dag van die akademiese jaar, baie opgewonde was om skool toe te gaan. Daardie middag het hy glo gesê hy wil nie teruggaan skool toe nie en wou nie verder uitbrei nie. “Hy wil nou nog nie vir my sê wat Woensdag gebeur het nie, maar Jaco het vir my gesê hy het gesien hoe die betrokke juffrou se helper aan Charl geruk en pluk het, toe Charl tydens pouse in die eetsaal na sy boetie toe wou gaan,” het Potgieter gesê.

Sy sê Jaco is intussen na Laerskool Drie Riviere oorgeplaas en hy is dolgelukkig daar. “Charl gaan Maandag na ʼn plaaslike kleuterskool toe, ek hoop en bid net hy gaan ‘oukei’ wees.”

Martinus Willemse, die skoolhoof, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy het die saak by sy hoofde by die departement van onderwys aangemeld vir verdere ondersoek. Hy het ook gesê die skool gee sy volle samewerking aan die polisie. Hy is deur die departement aangeraai om nie verdere kommentaar te lewer nie.

Howard Ndaba, ʼn woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, het Vrydag aan Maroela Media gesê oor die algemeen is enige vorm van lyfstraf ʼn kriminele misdryf en word dit glad nie by skole aangemoedig nie. Hy het gesê dit is goed dat die ma die saak by die polisie aangemeld het, sodat dit ondersoek kan word en die reg sy pad kan gaan. Hy het ook gesê die departement sal ʼn interne ondersoek van stapel stuur.

Maroela Media het Woensdag die Vrystaatse polisie gebel om te hoor hoe ver die saak vorder, klik hier om hul kommentaar te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Joof ·

JAMMER.

Ek slaan nie aan my kinders nie, en as daar onderwysers/resse in die sisteem is wat hierdie barbaarse praktyk uit onnoselheid of onkunde gebruik, moet hulle blootgestel word en uit die sisteem verwyder word.

Jy sukkel nie met n leeuwyfie se welpies nie!

N Bell’s vir Jou, Nadia Potgieter!

Attie ·

Ek hoop net jy leer jou kind genoeg maniere dat dit nie nodig is vir n onderwyser om tot die stappe oor te gaan nie. Maar laat Nadia aangaan waarmee sy besig is, sy weet nie wat sy nou aan haar kind doen nie. Dink maar vir jou self die gespot en dimge. Dink jy vir een oomblik n ander onderwyser gaan die kind op enige wyse straf? Nee mevrou hulle sit hom in n agter bank en ignoreer hom sodat hy op sy manier aangaan en haar werk is veilig en sy spandeer meer tyd aan ander kinders wat wel maniere het.

Joof ·

JAMMER.

Ek slaan nie aan my kinders nie, en as daar onderwysers/resse in die sisteem is wat hierdie barbaarse praktyk uit onnoselheid of onkunde gebruik, moet hulle blootgestel word en uit die sisteem verwyder word.

Jy mors nie met n leeuwyfie se welpies nie!

N Bell’s vir Jou, Nadia Potgieter!

Ria Maritz ·

Nee wat, die Bybel is duidelik hieroor, tugtig diegene vir wie jy lief is, EN buig die boompie terwyl hy nog jonk is.

Ek het pakslae gekry, ek het in my lewe NOOIT teegepraat of “trantrums” gegooi voor my onderwysers of ouers nie. Inteendeel, ek is dankbaar vir elke hou, want ek het dit verdien – en nee, ek is nie aangerand nie, net getugtig. Mamma praat een keer, en die tweede keer slaan sy. Moet ook byvoeg, ek het geen sielkundige letsels opgedoen nie.

Die wetgewing het verander, ja, ouers mag nie kinders slaan, dieselfde geld onderwysers – dis presies net daar waar die probleme begin het.

Alweri Brand ·

Ja, ek stem ook saam met pakslae deur OUERS, mense wat vir jou lief, jou nie sal aanrand nie en vir jou mooi kan verduidelik waarom jy pakslae gekry het – ja. Deur ‘n juffrou wat nog geen verhouding met hierdie kind het nie en op sy heel eerste dag van skool vir hom ‘n pakslae te gee – NEE! Dit rig net skade aan. Die arme kind het normaal opgetree deur saam met sy ma te wou gaan. Vir meeste kinders is die eerste dag traumaties – om onseker en alleen deur ‘n ouer agter gelaat te word tussen ‘n klomp vreemdelinge. Hoe kán jy ‘n kind daarvoor pak gee?

Louisa Jordaan ·

Ek stem saam met Ria Pakslae doen ‘n kind goed Hoekom is daar vandag so baie probleme in die skole? Omdat kinders nie dissipline ken nie.

Eben ·

Nadia ek was een van die ‘duisende’ wat jou veroordeel het, maar ek staan by my punt. ‘n Kind moet dissipline kry, en dit word slegs gedoen met tug. Ek en die meerderheid is getug toe ons klein was en makeer niks. (ek weet jy gaan ook noem duisende word nie getug maar makeer niks :-) ) Vandat tug uit die skole is, is daar geen disipline. Jy kan om jou kyk om die resultate te sien.

Maar om polisie toe te hardloop en dus ook n krimenele rekord daar te stel vir die betrokke dame, was dit nodig? Kon jy dit nie met die hoof opgeklaar het? Nie te min dit was jou keuse en ons moet dit seker respekteer.

Wag laat ek koes glo klippe gaan op my reen :-)

nadine ·

Ek was in twee fantastiese skole en nie eenkeer is daar geslaan aan ‘n kind nie, onderwyseresse het gekies om dit te doen, indien hul dit nie kan hanteer nie, kry ‘n sielkundige of nog beter, verlaat die onderwys want indien jy vrees in ‘n klein kind wil sit deur hom pak te gee, is jy nie ‘n onderwyserres se alie werd nie.

Ets ·

Mooi so juffrou. Kinders wat stout is verdien dit. Ma’s wat nou tantrums daaroor gooi gaan nog lang trane huil in die toekoms.

Betsie Ferreira ·

Was 35jaar lank onderwyseres. Baie ouers glo hulle kinders is gladnie lelik stout nie. Dis gewoonlik hulle wat soms die stoutste optree. My simpatie is by alle onderwysers wat onmoontlike kinders moet opvoed.

just saying ·

My parents spanked me as a child. I now suffer from a psychological condition called ‘respect for others’. If i were to ran out of the classroom 3 times my mother would have given me a spanking herself and so it wouldn’t be necessary for the teacher to do so! Too many mothers believe their kids are angels. Its sad because your creating little monsters!

Riaan van Wyk ·

Ek haal my hoed af vir onderwysers vandag Kinders is besig om hand uit te ruk in skole vandag Buig boompie terwyl hy nog klein is

Jaco ·

Ek het as kind pakslae gekry- by die skool en by die huis. En nie een keer was dit onnodig nie. Ja ek was dikwels erg dikbek oor my straf, maar ek het geleer daaruit. Trap in jou spore of dra die gevolge. In ons skole en selfs tuis, is geen maar geen dissipline vandat lyfstraf afgeskaf is. En dis baie duidelik te sien aan die totale gebrek aan respek wat die meerderheid van die land se kinders vir volwassenes en onderwysers het.

GypsyZ ·

Ek praat nie onwillekeurige lyfstraf goed nie, maar indien party ouers dit dalk tuis toegepas het, sou dit straks nie vir die juffrou nodig wees om dit te doen nie…

Ian ·

Tugtig die een waarvoor jy lief is! Klink vir my of die mamma, nes haar bloedjie, n pakslae nodig het. Die wereld is in die afgrond vandat lyfstraf afgeskaf is.

Andries ·

Ek stem, n goeie pakslae op sy tyd het n kind net goed gedoen. Die ma het gehoor hoe die juffrou die kind n pakslae gee. Maar sy het nie gehoor of gesien toe haar “onskuldige” kind die juffrou behandel het nie. Ek gee nie om wat die wet se nie, as n kind sy hande vir my optel ongeag hoe oud die kind is, dan sal ek hom persoonlik n pakslae gee wat hy sal onthou vir die res van sy lewe. En glo my ek het al n kind n pak gegee voor sy ouers. Ek. Glo ook nie om n kind pak te gee oor enige iets nie. Maar wanneer n kind geweldadig raak dan help net n pakslae. Miskien le die fout by die ouer.

Mariaan ·

Iets is nie lekker nie. Die ma beweer sy het gehoor en gesien wat gebeur het. Hoekom los sy dan haar kind daar tot die middag? Later sê sy dat die kind haar nie wil vertel wat gebeur het nie. Wat is nou die waarheid?

martin ·

Hoekom wil sy by haar kind weet wat gebeur het as sy dit dan self gehoor en gesien het en los hom nog steeds daar? Later hardloop sy eers polisie toe!! Nou sê sy die kind is getraumatiseer…omdat sy hom daar gelis het of wat? Sal graag wil weet wat die waarheid is.

Ian ·

Die ma het die kind eers die middag gaan haal nadat sy n bietjie gaan dink het hoeveel geld sy uit hierdie fiasko kan maak. Jammer mev, n dik beursie koop nie styl nie. Ons almal het met pakslae groot geword en makeer niks vandag nie, inteendeel, ons het beter maniere as jou bloedjie.

Gideon Erasmus ·

Ek stem saam met die ontstoke ma. Om so kind al op sy tweede skooldag te slaan en dit net na die skool geopen het, wys mos daardie juffou het vreeslike huislike probleme. Sy haal haar woede uit op die kinders. Ag nee wat gaan sit by jou huis en gee vir iemand wat liefde en kennis kan oordra ‘n kans. Ons samelewing is vol sielkundige wrakke deur die toedoen van sommige onderwysers!

Jaco ·

Mev as jy nie jou kind uit sy spookasem wêreld wil haal en aan die wrede werklikheid wil bloodstel nie moenie ander mense veral opvoeders se lewens verongeluk nie. Jy het opsies, hou jou engeltjie tuis en gee tuisonderig dan kan hy jou met sy vlerkies koudwaai op daardie lang warm dae.

STEPHANIE ·

Het jy kinders???? Geen kind, hetsy in spookasem wereld of die “wrede” wereld waarna jy verwys verdien om op 5 lyfstraf te kry om is dat hy/sy bang is nie. Ek hoop van harte jy is nie n onderwyser nie!

Altie Spence ·

Ek is self ‘n onderwyseres en ek is jammer as jy nie dissipline sonder geweld kan toepas nie, hoort jy eenvoudig nie in die onderwys nie, veral kleintjies!!! Dis ook sommer snert dat daar nie meer dissipline op skool is omdat kinders nie meer pak kry nie. Daar is nie meer dissipline omdat ouers nie hul werk doen nie. Dissipline in my klas is puik sonder pak of skree!!

mickey ·

Altie Spence, jy is n onderwyseres so na my hart kinders kan disipine met liefde kry nie met afknouery nie en die ouers wat so graag spog hoe hard hulle op hul kinders is pas maar op die wiel draai en kort voor lank is jy oud en dan doen jou kind aan jou wat jy aan hom/haar gedoen het ek stry nie n pak slae op die regte tyd deur die ouers alleenlik gegee met n verduideliking agterna waarom dit so was het sy meriete maar nie enige persoon het die reg om sy hande te lig vir iemand anders se kind nie

Peter Says ·

Hoe gouer hulle lyfstraf herstel in skole hoe beter. Vandag se kinders het hoegenaamd geen meer respek vir !NIKS! of niemand nie. 10/10 vir die onderwyseres.

Thea du Toit ·

Peter, wil jy regtig ‘n wildvreemdeling carte blanche gee om jou kant aan te rand, enige tyd en vir enige rede? Regtig? Enige onderwyser?
Jy wil lyfstraf herstel in skole, maar ek onthou baie goed dat dit gewoonlik dieselfde kinders was wat oor en oor lyfstraf gekry het. Dus het die metode nie gehelp nie, of hoe? Wat is die doel van straf? Is dit om tydelik pyn te veroorsaak, of is dit om kinders die verskil tussen goeie en onaanvaarbare gedrag te leer? So hy het nie respek nie, nou reken jy respek kan in hom ingefoeter word? Regtig?

Remona ·

Ek voel net Ja di ma kon seker eers die hoof van skool gaan sien het maar die arme kind.Hoekom slaan jy die kind op tweede dag van skool.Hy vind nog sy voete en is vreemd.Daar is ander maniere om ‘n kind te tig.Stoute hoekie.’N Mens kan soveel meer uit ‘n kind uit kry as jy net bietjie liefde gee.

sandra ·

wat julle vergeet. dit is n 5 jarige kind nie 10 of 13 jaar nie. ek is n voorstaander vir pakslae en tugtig. maar jy slaan nie n kind so seer nie en dit omdat hy saam met sy ma wou gaan nie. dit is vreemd vir hom om by vreemde mense te wees wat hy moet vertrou. ek sou daai Aangesiene juf ook aangekla het. my kinders kry n pakslae maar die rede agter die pakslae is verregaande. FFS dit is vreemd vir n 5 jarige. kom nou mense tugtig maar nie vir so n rede nie. en hy is 5 sjoe. mamma nadia jy het reg gedoen. gaan voort die gesiene vrou behoort te weet hoe om n kind te moet hanteer word met die vreemde. en afskeid van mamma. my hart huil vir daai kind die nare ervaring sal hom altyd by bly. ewen al het die kind wat gedoen regverdig nie n pakslae noe.

Alta ·

Die bybel se tugtig die gene vir wie jy lief is. Dit is jou as ouer se plig om jou kind te dissiplineer. Nie die onderwyseres nie. As sy nie ‘n passie het om met kinders te werk nie. Hoort sy nie daar nie. My seun is 5 en hy is baie besig en het ‘n baie sterk wilskrag. Hy werk nie altyd saam nie, maar hy het ‘n wonderlike juffrou wat hom mooi hanteer. Sy het ‘n passie vir dit wat sy doen en straf die kinders eerder op ander maniere. Sy slaan nie aan die kinders nie. My kind is mal oor sy skool. As dit ek was. Sou ek dieselfde gedoen het. Elke kind is anders. En ja. My kind kry pak by die huis as ek dink dit is regtig nodig. Ek slaan hom nie vir alles nie. Dit is my plig om hom te tugtig. Nie sy onderwyseres nie.

riva pheiffer ·

Come on people we are talking about a 5yr old boy here?! He clearly got cold feet and had anxiety over being seperated from his mom. That does not call for a spanking, the teacher should have instead, reassured him, that his mom would be back to fetch him.
My youngest daughter is now 29yrs old, her brother 38 and all three my children were hit with a metal ruler by their grade 2 teacher. Had this been illegal at the time I too would have laid a charge, against her, the first time she did it. There are many other ways to discipline a child.

Alta ·

Ek en my man het albei in streng huishoudings groot geword waar ons meer as genoeg pak gekry het en dit was partykeer onnodig, want dit was geglo ‘n kind moet pak kry vir alles. Ons is streng met ons kinders en dissiplineer hulle by die huis. Dit is ons plig. Daardie kind is 5. Dit is sy eerste ervaring van skool. Dit gaan saam hom bly. My skoonouers is albei onderwysers. Daardie juffrou hoort nie daar nie.

sandra ·

thank you riva. they forget this child is still a baby. School is something new to him. the teacher helper pulled him on his arm when he wanted to run to his brother during a break the first day. i am sure she did not try to explaine to him or if to comfort him let him go and say hi to his brother. everything is new. so the manner in which the teacher helper handled the boy on first day could have made him not want to go back. then the 2nd day and most children cry for their parents i know i did in sub A. this is a major step for little ones. the teacher should have handled it in a better way trying to reasure thelittle guy or try to distract his mind with colouring in. people you cannot be so blinded. by thefact that a child must be spanked. yes spank a child for a good reason not a 5 yearold cause he is scared and wants to go with mommy. and the comment of engeltjie kind is ongevraagd. die seuntjie is maar net 5 jaar oud. bang en nuut in n vreemde plek. ek skaam my vir van julle. ek gee my kinders pakslae en die juf. kan ook. maar vir goeie redes. die gesiene vrou behoort nie by graad R of graad1 nie.
that little boy will always remember this bad teacher and will take this experience for the rest of his life to school. ek hoop die dorp mense kan insien dit is nodig en jy gee nie n 5 jarige n pakslae oor hy saam met sy mamma wil gaan. nuwe skool is vreemd. ek het elke dag gehuil in sub a maar my juffrou het my nie n pakslae gegee nie. “seperation anxiety” het ek gehad. mense kom net by en kry daai juffrou uit die skool sit haar in n ouer klas kinders waar sy kan pakslae gee. nie graad R of 1 of 2 of 3 nie sy weet nie hoe om met daardie ouderdom kinders te werk nie.

nadine ·

Ek was in twee fantastiese skole en nie eenkeer is daar geslaan aan ‘n kind nie, onderwyseresse het gekies om dit te doen, indien hul dit nie kan hanteer nie, kry ‘n sielkundige of nog beter, verlaat die onderwys want indien jy vrees in ‘n klein kind wil sit deur hom pak te gee, is jy nie ‘n onderwyserres se alie werd nie.

Marlene ·

N pak op sy tyd is soos brood en konfyt. Geen wonder ons jong kinders van vandag het gee respek vir hulle ouers en ouer mense nie. Die kinders dink hulle kan doen en se net wat hulle wil. Dit is nonsies hulle moet luister by die skool. Dis sal vinning regkom. Daai seuntjie gaan nooit pak kry en dan as hy in hoerskool is gaan daar kinders wees wat sien hy baklei nie terug nie en dan gaan hy geboelie word. Nee man die mamma moet haar voet neersit en ook so nou en dan n hand in le. In die Bybel staan “buig die boompie terwyl jy kan want as hy grooter word buig hy jou” Hoop ma net die mamma doen iets as dit nie alreeds telaat is nie. My kinders is 33jaar en 30 jaar seun en dogter en my seun het reguit gese ek moes hom meer oak gegee het. Ek het ma net gelad. En in vandag se tyd dreig die kinders sommer die ouers as jy my slaan gaan ek welsyn toe. Maat ek sal hulle sommer daar gaan aflaai.

nadine ·

Ek het nooit pak gekry nie en is ‘n opgevoede jong vrou, verloof, vaste regswerk en 4de jaar LLB student. Wys jou pakslae is dalk nie altyd beste nie.

magdaleen ·

Kyk my kleinkinders word nie geslaan nie ek sal haar te lyf gaan, sy mag invloedryk wees maar duidelik het sy geen klas nie. Hier in Pretoria maak ons mince meat van so onderwyseres en as jou kind stout is gee dit haar geen reg om aan die kind te slaan nie en klaar wette is in plek gestel vir haar ook al is sy invloedryk. Net ‘n beter woord vir ingeteel. Jammer JUFFROU bly asb weg uit Gauteng hier verwoes ons so lewe deur die media en deur die hof jy sal hier vinniger weghol as wat jy hier aangekom het. Kindermishandelaars is nie meer welkom in S A nie. Kry ‘n ander beroep en bly weg van kinders af dan het jy nie meer spanning nie. Jy is duidelik in die verkeerde beroep

magdaleen ·

Kyk my kleinkinders word nie geslaan nie ek sal haar te lyf gaan, sy mag invloedryk wees maar duidelik het sy geen klas nie. Hier in Pretoria maak ons mince meat van so onderwyseres en as jou kind stout is gee dit haar geen reg om aan die kind te slaan nie en klaar wette is in plek gestel vir haar ook al is sy invloedryk. Net ‘n beter woord vir ingeteel. Jammer JUFFROU bly asb weg uit Gauteng hier verwoes ons so lewe deur die media en deur die hof jy sal hier vinniger weghol as wat jy hier aangekom het. Kindermishandelaars is nie meer welkom in S A nie. Kry ‘n ander beroep en bly weg van kinders af dan het jy nie meer spanning nie. Jy is duidelik in die verkeerde beroep

Alweri Brand ·

Ja, ek stem ook saam met pakslae deur OUERS, mense wat vir jou lief, jou nie sal aanrand nie en vir jou mooi kan verduidelik waarom jy pakslae gekry het – ja. Deur ‘n juffrou wat nog geen verhouding met hierdie kind het nie en op sy heel eerste dag van skool vir hom ‘n pakslae te gee – NEE! Dit rig net skade aan. Die arme kind het normaal opgetree deur saam met sy ma te wou gaan. Vir meeste kinders is die eerste dag traumaties – om onseker en alleen deur ‘n ouer agter gelaat te word tussen ‘n klomp vreemdelinge. Hoe kán jy ‘n kind daarvoor pak gee?

Theresia ·

Ja so gaan dit in vandag se tyd. Ek laat my nie vertel dat daar geen ouer is wat so nou en dan die plathand inle nie. Enige kind gaan sy ouers toets om te kyk hoe ver kan hy of sy haar geduld beproef, en dis dan wanneer hy n raps moet kry sodat he sal weet wie is ma en wie is klaas. As hy nie nou al reggehelp word nie, gaan hy dink dit is reg en hy kan weg kom daarmee. Vra my ek het 3 pragtige kinders grootgemaak met pakslae en vandag is al 3 in die bediening

AmY ·

Ek is BAIE sterk gekant teen lystraf. Ek was in die laat 70’s en 80′ op skool en daai tyd is ons vir elke liewe ding geslaan.

Ek onthou hoe ‘n onderwyseres sommer die klas ‘deurgeloop het’ as sy uit was en slegs twee of drie kinders het hulle nie gedra nie.

Ek onthou my graad een jaar wat my ‘hele lewe verwoes het’. Hoe kan ‘n ondewyseres ‘n klein graad eentjie foeter as sy nie ‘so vinnig soos die res van die klas was nie’.?

Vandag nog, (en dis BAIE jare later) kry ek steeds nagmerries as ek aan haar en 80% van my onderwysers deur my skoolloopbaan dink.

Die lat, liniaal en plank is uit die laai uit geruk vir die kleinste oortreding. Later in my lewe was my grootste vrees om foute te maak, want dit het aaklike gebeure herroep.

Ek het my voorgeneem om NOOIT te trou en kinders te hê nie, agv slegte ondervindings met mans-onderwysers. Sê my: hoe kan ‘n buffel-boelie-monster van oor die 2meter, ‘n klein standerd 3-dogtertjie voor ‘n swartbord rond ruk en pluk omdat sy nie ‘n wiskunde-probleem kon baasraak nie? En dit nogal in ‘n ekstra wiskunde klas NA skool?

En ja, ek het nooit getrou en kinders gehad nie.

Daai onderwyseres moet summier afgedank word. Sy mag nie toegelaat word on skool te hou, en nog kinders se ‘lewens te verwoes nie’. Hier kies ek die ouers se kant. Maak ‘n saak teen haar. As die hof klaar is met haar, mag sy nie eens toegelaat word om Sondagskool te gee OF ‘n dagmoeder te wees nie.

Hendrina ·

So onderwyseres moet summier geskors word, dis as gevolg van onderwysers soos sy wat lyfstraf heeltemal afgeskaf is, omdat hulle nie weet wanneer en hoe om dit toe te pas nie. Die arme vyfjarige ou seuntjie het nou ‘n heel verkeerde persepsie van skoolgaan. Die ma het beslis die regte ding gedoen. Sy moet asseblief nie die saak gaan terugtrek nie, maak nie saak wat die mense sê en hoe gesiene persoon die onderwyseres is nie.

Henry ·

Om ‘n 5-jarige te slaan dat dit merke los is heeltemal onaanvaarbaar. Ek het ook my twee geraps met geleentheid maar lyfstraf in skole maak die deur oop vir misbruik. Indien jy lyfstraf wil toepas doen jy dit in privaat, terwyl jy self kalm is en behoorlik aan die kind verduidelik waarom hy gestraf word. Om uit woede ‘n kind te gryp en te slaan verydel die hele doel daarvan. ‘n Kind van 5 op sy tweede dag van skool het nog nie eens kans gehad om te leer wat aanvaarbare optrede in ‘n skool situasie is nie. Kom nou mense, wees realisties.

AmY ·

Henry, dis presies wat met my gebeur het, en tot vandag nog, is die letsels daar. Ek kon nie verstaan (en vandag nog steeds) waarom daai onderwyser so kwaad geword het omdat ek nie ‘n wiskunde-probleem kon snap nie. So kwaad dat hy my rond gereuk en gepluk het voor die swartbord, en boon-op was die klas halfpad vol kinders.

Ek het nooit vir my ouers vertel wat gebeur het nie (uit vrees vir die onderwyser), maar een of twee van die kinders moes wel vir hul ouers gaan vertel het, want die een se ma wou een keer weet of ek ‘okay’ is na die meneer my so rondgepluk het.

Die voorval in die wiskundeklas het erge letsels gelos.

Wiskunde was die eerste vak wat ek aan die einde van std7 gelos het.

A.N. Roux ·

Daar is ‘n groot grys gebied met pakslae in die skool:
1.Ek glo in ‘n pak slae op die regte tyd. Versker! Ek het so baie pak gekry ek sal seker nooit by die regte hoeveelheid uitkom nie. En dit help vandag nog!
2. Ek dink ouers en onderwysers se houding teenoor pakslae moet verander. Ek wil nie he my kind moet by die skool warm geslaan word deur ‘n persoon wat ‘n ander waarde sisteem as ek aanhang nie. Bv Ek is ‘n Christen, my kind is groot gemaak as ‘n Christen nou doen sy iets wat ‘n onderwyser kwaad maak, maar die onderwyser is nie ‘n christen nie en is dalk seksisties of nie ‘n christen nie – nou word my kind “getug”. Dis nie tug nie. Sien: grys gebied – soveel vrae onstaan: “wat het die kind of onderwyser gedoen?, ja, maar dit, ens….) Watter kant kies jy wanneer van watter persepktief af.
3. As ‘n kind ‘n pakslae moet kry – moet die ouer in kennis gestel word. Daar is ouers en kinders en onderwysers wat almal nie die ‘pak” slae -ding in perspektief sien nie. Bv ‘n graad R kry pak op sy tweede skooldag. Ja die kind kon dalk stout wees, maar dis hoekom sy die onderwyseres in die Gr R klas is – sy moet kleintjies wat die wereld nie verstaan nie, kan verstaan en hulle laat verstaan dinge is nie dieselfde as by die huis of kleuterskool nie – sonder ‘n pak slae in die skool op die tweede dag. Daar is ‘n tyd en plek vir alles en ‘n pakslae in gr R op jou tweede dag is nie die tyd of plek nie. As dit die onderwyseres se siening is dat sy Gr R maar vinnig kan wetter behoort sy ernstig oor haar roeping na te dink.

AmY ·

O ja, die gemeenskap is natuurlik kwaad vir die ouers, omdat die onderwyseres glo ‘n ‘gesiene vrou’ in die gemeenskap is. So, sy is ‘n belangrike vrou. maar sy kan nie eens haar humeur beheer nie?

STEPHANIE ·

Die kind is 5, onseker en bang. en dan word daar aan hom geslaan omdat hy na die enigste sekuriteit wat hy ken te wil gaan…. die onderwyser is n volwassene met opleiding, sy behoort van beter te geweet het.
Ek is n Christen en glo ook daaraan om te tug, maar ek glo ook daaraan om ELKE mens, al is hy net 5 met waardigheid en respek te behandel. Elke situasie moet oordeelkundig benader word, hier glo ek die onderwyser kon ander metodes gebruik het as om n bang kind pak te gee.
Sy ken hom nie eers, hoe weet sy hy was stout of bloot net bang en onseker?
En om n 5 jarige kind so hard te slaan dat hy merke het is verkeerd, ongeag wat hy gedoen het.

Hanlie ·

Tweede dag en die juffrou gee ‘n 5-jarige pak? Ek dink nie die juffrou kan kinders hanteer nie. Ek weet ‘n klomp 5-jariges bymekaar kan ‘n handvol wees, maar dit was haar keuse om ‘n juffrou van 5-jariges te wees.

Ek glo ‘n pak op sy tyd is regverdig. Ek praat van ‘n pak en nie “mishandeling” nie.

Ek onthou hoe ek in St 1 (vandag graad 3) ‘n pak gekry het met ‘n dik hout liniaal omdat ek toilet toe gegaan het (wat die juffrou voor toestemming gegee het). Sy het dieselfde dag ‘n hout hanger (daai jare was dit sterk houthangers) met 1 hou stukkend geslaan op ‘n skoolmaat. Ek het die volgende dag geweier om terug te gaan skool toe. Ek het my skooljare met ‘n passie gehaat – dit alles oor die juffrou se houding teenoor ‘n paar van ons wie se ouers nie geboer het by die skool en vir haar presente aangedra het nie.
Ek sidder om te dink hoe die arme kind voel (en dit na net 2 dae op skool!)

Belinda ·

Ja daar is 2 x verskillende stories in die berig dan het sy dit gehoor dan Jaco maar n pak op sy tyd kan wondere doen……………..;-)

Ansie Janse van Rensburg ·

Ek glo nie dat ons kan oordeel voordat ons albei kante van die saak gehoor het nie.
Die Ma se storie klink ook nie Kosher nie. Eers beweer sy dat sy die houe gehoor het en haar kind gehoor skree het, maar later noem sy weer dat sy die kind self gevra het wat gebeur het?
Mens kan nie `n saak oordeel op hoorsê nie.

Ek sou graag wou hoor wat die onderwyseres te sê het.
Kan Maroela haar dalk probeer nader vir `n onderhoud?

Tania ·

Ansie, jy is duidelik iemand wat eers mooi oor goed nadink, ek stem saam met jou, daar is ALTYD twee kante van ‘n storie. As ‘n ma het ek al te veel keer uitgevind om eers van albei kante dinge te probeer verstaan.

Suritha du Plessis ·

Mense moenie vir my vertel onderwysers tugtig kinders uit liefde nie. Ek was self ‘n onderwyseres en dit is absolute snert. Dis meestal uit frustrasie en ongeduld dat so iets gebeur! En tugtig hoef nie lyfstraf te wees nie – almal wat so vinnig die Bybel wil aanhaal. En hoekom moes die arme kind gestraf word – plaas sy hom troos. Hierdie vrou moenie met klein kindertjies werk as sy nie die emosies van ‘n eerste skooldag of selfs jaar kan hanteer nie. Sy sal die res van die klas ook angsbevange maak met sulke gedrag – en dit op ‘n eerste skooldag waar die kindertjies nog onseker is. Nee, dis swak! Dit is beslis nie bevorderlik vir ‘n goeie basis vir voorskoolse kinders nie. Sy behoort meer geduld te hê. Nadia, ek hoop jou kind hou nie permanente letsels hiervan oor nie. Gee hom maar baie liefde en gesonde dissipline. Die gemeenskap is natuurlik onsteld oor die onderwyseres ‘n gesiene lid van die gemeenskap is. Sy moet liefs wegbly van kinders, bejaardes en diere as dit is hoe sy optree teenoor ‘n arme bang klein seuntjie.

Suritha du Plessis ·

Mense moenie vir my vertel onderwysers tugtig kinders uit liefde nie. Ek was self ‘n onderwyseres en dit is absolute snert. Dis meestal uit frustrasie en ongeduld dat so iets gebeur! En tugtig hoef nie lyfstraf te wees nie – almal wat so vinnig die Bybel wil aanhaal. Maar hoekom moes die arme kind gestraf word – plaas sy hom troos. Hierdie vrou moenie met klein kindertjies werk as sy nie die emosies van ‘n eerste skooldag of selfs jaar kan hanteer nie. Sy sal die res van die klas ook angsbevange maak met sulke gedrag – en dit op ‘n eerste skooldag waar die kindertjies nog onseker is. Nee, dis swak! Dit is beslis nie bevorderlik vir ‘n goeie basis vir voorskoolse kinders nie. Sy behoort meer geduld te hê. Nadia, ek hoop jou kind hou nie permanente letsels hiervan oor nie. Gee hom maar baie liefde en gesonde dissipline. Die gemeenskap is natuurlik onsteld oor die onderwyseres ‘n gesiene lid van die gemeenskap is. Sy moet liefs wegbly van kinders, bejaardes en diere as dit is hoe sy optree teenoor ‘n arme bang klein seuntjie.

Suritha ·

Mense moenie vir my vertel onderwysers tugtig kinders uit liefde nie. Dis snert! Ek was self een en straf kom gewoonlik uit frustrasie en ongeduld. Hierdie vrou, wat met klein kindertjies werk, behoort van beter te weet. En almal wat so vinnig die Bybel aanhaal – tugtig is nie noodwendig lyfstraf nie. En hoekom moes die seuntjie enigsins gestraf word omdat hy in sy eerste skooldae na sy ma verlang? Plaas dat die juffrou hom troos en gerusstel. Die gemeenskap is natuurlik moeilik oor die juffrou ‘n gesiene persoon is. Maar sy moet liefs weggehou word van kinders, bejaardes en diertjies.

Thea du Toit ·

‘n Klompie dekades gelede het ‘n groot klomp mense gedink dis heeltemal normaal vir ‘n man om sy vrou so nou en dan slae te gee. Selfs Die Bybel is nadergesleep ter verdediging. Vandag word enige vorm van geweld teen ‘n vrou as krimineel beskou, en dis ondenkbaar vir die huidige geslag om dit goed te praat.

Iewers in die toekoms gaan geen vorm van geweld teen kinders geduld word nie. Ja, geweld, want op geen vlak van beskawing kan jy die toedien van pyn deur ‘n veel groter, sterker persoon teenoor ‘n hulpelose, klein mensie, as enigiets anders as geweld sien nie. Vertel julleself gerus julle “tug met liefde”, die bykans histeriese wyse waarop julle hierdie barbaarse gebruik verdedig, vertel ‘n ander storie.

Ons almal weet dat meeste mishandelde kinders self mishandelaars word. Dit veduidelik dus waarom die frase “ek het pak gekry, en niks oorgekom nie” so telkemale opduik. Julle HET iets oorgekom – julle het self aanranders geword. .

Linda ENgelmohr ·

Baie kommentare – ons staan nie in die onderwysere se skoene nie – die mamma sê :My kind kry nie pak by die huis nie. …. dis dalk waar die fout lê. EK hou ook van die opmerking dat die ma dalk 1 dag moet gaan kyk hoe gaan dit regtig in die skool. Kinders is engeltjies voor ma & as sy haar rug draai kom al die streke uit. Onderwysers is net mense met probleme & net eendag laat 1 kind jou helemal uithak!

Iemand skryf oor die gesonde dissipline wat die kind moet kry van sy ma – sjoe mens moet maar daarmee begin sodra hulle begin stap & goed van die tafeljies afpluk.

Sterkte van almal betrokke – ek is seker die kind sal die “trauma” oorleef, mits dit nie heeltyd voor sy kop gegooi word nie! Moet ook nie voor hom gedurig daaroor ptaat nie.

VIr die onderwysere wil ek net sê Almal maak foute – net iemand wat niks doen , maak nie foute nie.

My Rooikop Juffou het ons in st 1 geslaan op ons hande met ‘n liniaal vir elke verkeerde spelwoord – was erg toe vir my, maar vandag is ek so dankbaar !!!!!!!!!! My st 3 onderwyser het ons op ons bobeen geslaan aan die agterkant – ek raak blou net as iemand aan my hard vat my been het ERG gelyk – dink my ma het gaan praat, want ek was nooit weer geslaan nie. Op hoêrskool het ons ook hoe op ons hande pak gekry met ‘n liniaal vir Biologie sketse nie gedoen – 5 houe vir elke skets – was vir my die maklikste – die houe i.p.v om die skets 5 keer te maak. Die onderwyser het later hartprobleme gekry daar was nogal ‘n stout klomp in sy klas. o ja ons st 9 juffrou het ons op ons ruê geklap sommer so hard DWA omdat ons nie geweet het wat ‘n Lidwoord of selfstandige naamwoord is nie! Ons het almal heel anderkant uitgekom met 50% as slaagsyfer – so ……………………….

Thea du Toit ·

vir al die dames wat so gretig die Bybel aanhaal om hierdie uitgeleefde vorm van dissipline te verdedig, het ek ‘n paar vrae – sal jy ‘n ongetroude vrou wat ‘n verhouding het met klippe bestook totdat sy sterf? Wanneer laas het jy twee duiwe geoffer 14 dae na jou maandstonde? Eet jy varkvleis? So kan ek aangaan. Dis verstommend hoe mense uitgeleefde Ou Testamentiese verse aanhaal net wanneer dit hulle pas. Die wette in die Ou Testament was geskryf vir ‘n ander tyd, ‘n ander nasie, ander omstandighede. Buitendien, die “roede” in die Bybel verwys na die staf wat herders gebruik het om skape bymekaar te maak, nie te slaan nie. “U stok en u staf vertroos my”. Vertroos my, mense, nie slaan my nie.

EyesEars ·

Wil eers weet wat al vier kante se storie is. Sover is nog net die een kant “gehoor.”

Dit beteken nie dat as ‘n onderwyseres n gesiene persoon in die gemeenskap is, sy noodwendig ‘n goeie onderwysweres is nie. Die helper in die klas is ook in die prentjie en moet sy ook, na regte ondersoek word. Dit help nie hulle haal hul frustrasies op die kind uit nie. Dit is verkeerd.

Maar die ma het ook ‘n rol om te speel. As sy haar kinders “ma-vas” groot maak, dan gaan sy defnitief probleme in die toekoms he, by enige skool. ‘n Kind moet met verskillende “karakters” te doen kry, sodat hy/sy kan weet hoe om sekere situasies in die toekoms te hanteer. Like it or not. Dit bly ‘n feit.

Daar is baie kommentaar, maar net die 3 en die kinders wat in die klas op daardie stadium was, weet regtig wat gebeur het. Dus moet die kinders se seining/persepsie OOK gevra word. Daaruit sal ‘n mens kan aflei of die onderwyseres en helper onnodig streng is en of die kind regtig besig was met ‘n “tantrum”.

Feite van alle kante en nie net een kant nie, asb.

Sanet van der Bank ·

Of die kind stout is of nie. Die skole mag nie meer slaan nie. Plaas die juffrou die seuntjie getroos het en hy aandag met speelgoed probeer aftrek het. Ek is saam met die ma. Ja ek tug wel my kinders wanneer moet maar geen onderwyser sal durf hul hand vir my kind(ers) lig nie en nog minder rond ruk. Hoekom kom hy nie na sy boetie toe gegaan het nie. Soos ek verstaan was almal in die eetsaal by die skool. So hoekom nie sy boetie gaan groet nie. Daardie seuntjie het nou ‘n ewige knou weg. Daai juffrou het sy hele skool loopbaan op geneuk. Aan die mamma. Alle sterkte vir jou. Weet ek staan agter jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.