Gemeenskapsradiostasie brand af

vuurvlam-320x240ʼn Gemeenskapsradiostasie in Sasolburg is verwoes nadat dit na bewering oor die naweek glo aspris aan die brand gesteek is.

Sam Mkhwanazi, voorsitter van die raad van die stasie, Karabo FM, het gesê twee mans, wat hulle gesigte bedek het, het Saterdagaand die gebou met 25liter petrol betree. “Hulle het die petrol oor alles binne die gebou gegooi en dit toe aan die brand gesteek,” het Mkhawanazi gesê.

Hy sê die mans het die radio-omroeper beveel om uit die stasie te gaan, voor hulle die gebou omstreeks 21:00 aan die brand gesteek het.

“Ons weet nie hoekom hulle die stasie afgebrand het nie. Die hele gebou is verwoes. Al ons harde werk van vyf jaar is in ʼn paar minute vernietig,” het hy gesê.

Hy het gesê die stasie het ʼn normale verhouding met die inwoners van Sasolburg en hy verstaan nie waarom die brandstigting plaasgevind het nie.

“Mense was mal oor die stasie, dit is ʼn groot verlies vir ons,” het hy gesê.

Die Vrystaatse polisie het nog nie kommentaar oor die voorval gelewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Seg Net ·

Het dit op ‘n ander forum ook geseg. Malema gaan hierdie land onregeerbaar maak met hierdie tipe dade wat gaan toeneem.

Stoere Boer ·

Hierdie stasie moes iets gesê het wat ander baie kwaad gemaak het. Hulle was gelukkig want normaalweg sou hulle binne gelos gewees het om dood te brand. Hul nuwe leuse. “Ons steek die vuur in jou aan”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.