Generaals eet lekker in die “army”

Argieffoto.

Argieffoto.

Lede van die weermag se topstruktuur smul glo heerlik aan driegangmaaltye terwyl lae-rang soldate se daaglikse porsies verminder is weens ʼn tekort aan fondse, het Beeld Donderdag berig.

Volgens Pikkie Greeff, die nasionale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), word soldate se etes op sommige ontplooiings weens kostebesparings van drie tot twee per dag verminder, het die dagblad berig.

Die weermag het gedurende die afgelope boekjaar meer as R1,2 miljoen van sy reeds knap begroting aan onthale spandeer, wat driegangmaaltye by weeklikse of tweeweeklikse vergaderings insluit.

Volgens die jongste Verdedigingsoorsig is die weermag reeds só gehawend weens ’n gebrek aan geld dat hy sy grondwetlike verpligtinge nie meer ten volle kan nakom nie. Dit sluit ’n gebrek aan genoeg soldate om die land se grense te bewaak, en nuwe gevegsvoertuie in die plek van voertuie, soos die Samil wat reeds meer as drie dekades in gebruik is, in.

Dit het uit die afgelope begroting geblyk dat die weermagraad (sowat 15 lede), die weermag se bevelsraad (sowat 35 lede) en die verantwoordbare bestuursraad (tussen 10 en 15 lede), wat almal in Pretoria gestasioneer is, sowat R1,213 miljoen in die naam van “onthale” verorber het.

Volle driegangmaaltye, wat bestaan uit pap, twee soorte vleis, soos hoender en biefstuk, groente en twee slaaie, gevolg deur nagereg, word by die vergaderings opgedis.

Volgens Helmoed-Römer Heitman, militêre kenner, is die uitgawes “ietwat buitensporig”.

Hy het gesê groot maatskappye bestee waarskynlik ook geld aan direksies se etes, maar dit is nie belastingbetalers se geld nie.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

kobus ·

Al marsjerende na die kospotte toe…Mammie hoef nie te bodder oor kosmaak nie, haar generaal het hom klaar knuppeldik by die werk geeët.

Meisie ·

Nee kyk , dit vat nou letterlik “` die koek“` Alles kan maar in hul glory in gaan ,solank die manne net hul pense kan vol vreet!!! Dit is geen wonder die mense oorsee lag ons uit nie, dit is skandalig!! Wat gaan hulle doen as ons land in gevaar kom?? Gou eers `n vergadering reel en hul pense volstop, dan die arme soldate met lee mae stuur om ons land te verdedig, terwyl hulle smul aan hul poeding???? Skande!!!!!!!

JD ·

Is dit nie maar die pad wat alles in hierdie land van ons loop nie? Die ENIGSTE oplossing is om die A&C uit die kussings te lig, sodat verstandige mense die land kan bestuur!!Of is ek dalk nou rassisties? Dit gaan mos in al die staatsdepartemente en provinsies presies dieselfde!!!!!!!!!!!!!!!!!!

elize ·

Mammie……………….Ek wil weermag toe gaan…………………

Chris ·

Mammie ek wil ook n Generaal word – of n Parlementslid. Kyk bietjie hoe maer hulle is!! Dit is darem regtig n lekker land die. As jy in die regte posisie is is kos en drank volop. Kinders besoek die vuilgoedhope om n bietjie oorskiet te kry om te oorlewe. Wat n skande maar niemand voel iets nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.