George Bush sr. in die hospitaal

George Bush sr.

Voormalige president George H.W. Bush sal Kersfees in die hospitaal spandeer nadat hy ‘n koors ontwikkel het.

‘n Woordvoerder van die hospitaal sê die 88-jarige Bush het die koors ontwikkel ná ‘n maandlange bronchitisagtige koors. “Dokters sê hulle is steeds versigtig optimisties, maar elke keer wat hulle hom oor een ding kry, duik iets anders in sy gestel op,” het Jim McGrath, woordvoerder van Bush, aan Associated Press gesê.

Bush is aanvanklik op 23 November na die hospitaal gebring. Dokters het nog nie ‘n aanduiding gegee van wanneer hy ontslaan sal word nie.

Maroela Media het Maandag berig Margaret Thatcher, voormalige premier van Brittanje, sterk aan in die hospitaal na ‘n klein gewas van haar blaas verwyder is.

Voormalige president Nelson Mandela spandeer ook Kersfees in die hospitaal nadat hy op 8 Desember in Pretoria opgeneem is vir longprobleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.