George Louca uitgelewer aan SA

Lolly Jackson

Lolly Jackson

Die man wat gesoek word in verband met die moord op Lolly Jackson, voormalige eienaar van Teazers, is aan Suid-Afrika uitgelewer, het die polisie Sondag gesê.

“Die SAPD se misdaadintelligensie-eenheid, die uitleweringspan van Interpol en die departement van justisie het George Louca suksesvol van Ciprus na Suid-Afrika gebring,” het lt.gen. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Louca het uit Suid-Afrika gevlug nadat Jackson op 3 Mei 2010 by sy huis in Edenglen vermoor is. Die Valke was sedertdien op sy spoor in verband met die moord.

Louca het verskeie pogings aangewend om sy uitlewering te verhoed, maar hy het uiteindelik sy laaste appèlaansoek in Ciprus verloor.

“Die beskuldigde het Sondagoggend omstreeks 07:15 saam met Interpol in die land aangekom en hy is intussen aan die Valke oorgegee. Die Valke ondersoek ook ander sake waaraan hy moontlik verbind kan word,” het Makgale gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

dave malherbe ·

Waar word Radovan Krejic tans aangehou, word hy regtig in C Max aangehou? Ek wil nog sien of hy ooit in die Hof gaan uitkom en Louca, wel gaan hy lewendig in die hof uitkom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.