George weer oop vir sake ná brande

Maandagaand, 29 Oktober in die George-omgewing. Foto: Facebook via Bitou Fire Association.

Die toerismeburo in George het sakereisigers en vakansiegangers verseker die stad staan gereed om hulle te ontvang ná die verwoestende veldbrande van die afgelope ruk.

Die veldbrand in die Tuinroete het oor 80 000 hektaar versprei, terwyl veldbrande ook in die Koukamma- munisipale gebied in die westelike uithoek van die Oos-Kaap aangemeld is.

Agt familielede is in ʼn brand op Farleigh by Karatara dood.

George-munisipaliteit, wat Wildernis en Uniondale insluit, sê in ʼn verklaring die situasie is nou onder beheer en dienslewering word nie geraak nie.

“Ons dorpe is ten volle aan die gang en gereed om toergroepe en besoekers by te staan wat die gebied besoek. Die George-lughawe is in bedryf en alle hoofroetes, waaronder die N2, die Montagu‑ en die Outeniekwapas en die N9 van George na Uniondale, is oop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Linda ·

Gaan liewers na die Dorp van die Jaar, Jeffreysbaai toe. Pragtig en skoon !!!

Daan Erasmus ·

Dorp van die jaar. Motor van die jaar. Dit impliseer gladnie dit is die beste nie. Slegs dat dit die meeste stemme gekry het. V

André Groenewald ·

Wel verneem dat die “Power Van”-ritte oor die berg gekanselleer is weens die brand. Honderde dwarslêers het byvoorbeeld in die slag gebly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.