GEPF nie té bekommerd oor Sanral-skuld nie

Die regeringspensioenfonds (GEPF) wat 50% van Sanral se uitgereikte skuld dra, is nie te besorg oor die agentskap se moontlike skuldvereffing nie, het Business Day Donderdag berig.

Die Suid-Afrikaanse nasionale padagentskap (Sanral) se e-tolplanne is ter elfder ure deur ‘n hofuitspraak gestuit. Volgens John Oliphant, die fonds se waarnemende hoof uitvoerende beampte, verteenwoordig die fonds se R15 miljard wat in Sanral verbande belê is, slegs 1.5% van die totale bates van die fonds. Oliphant en ander senior direkteure het Maandag die Parlementêre Portefeuljekomitee toegespreek.  Die verbandmark het bykans glad nie op die e-toluitspraak reageer nie, het die dagblad berig. Leon Myburgh, Citi se sub-Sahara Afrika strateeg het aan Business Day gesê: “Ek glo nie die mark skenk veel aandag daaraan nie. Aangesien daar ‘n regeringswaarborg is, reken die mark dat as Sanral nie betaal nie, sal die regering wel die skuld vereffen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.