Gert van Rooyen se seun moet gesteelde geld terugbetaal

hofhamertjie3Gerhard van Rooyen, seun van die berugte pedofiel ​Gert van Rooyen, het Dinsdag in die Pretoriase handelshof ‘n opgeskorte vonnis vir bedrog gekry, het Beeld Woensdag berig.

Van Rooyen (45), wat vroeër skuld op agt aanklagte van bedrog beken het, is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Dit is in geheel opgeskort op voorwaarde dat hy die R241 800 wat hy verskeie klaers skuld, terugbetaal.

Donald du Plessis, Van Rooyen se prokureur, het Dinsdag in die hof aangevoer dat sy kliënt werk as ʼn skuldinvorderaar gekry het waar hy ongeveer R25 000 per maand verdien. Hy sal dus sy skuld kan terugbetaal.

Dit was die sewende keer in Van Rooyen se lewe dat hy vir kriminele misdrywe, wat diefstal, bedrog en ontsnapping uit aanhouding insluit, gevonnis is.

Van Rooyen se pa, wat selfmoord gepleeg het, is skuldig bevind aan ontvoering en seksuele aanranding van twee meisies in 1979 en is later verbind met die verdwyning van minstens ses meisies in die laat 1980’s.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Laetitia ·

Pa se gene!!!!!die f….sleg ding hy Moët gaan waar hy uit die samelewing verwyder word!!!

Vas Vat ·

7 keer skuldig, en dan word hy weereens net “sagkens” oor die vingers getk.Hoe verstaan n mens die reg in ons land ???

Wetsgehoorsaam ·

O herrie……hoe gee n mens werk as skuldinvorderaar aan n persoon wat finansiele bedrog gepleeg het? Werk ja, maar hou die man weg van ander se geld!!!!

Dalene Lamprecht ·

Ek weet ook nie hoe gee jy werk aan ‘n persoon wat geld gesteel het van ander en dan nou skielik geld moet insamel nie. Gaan kyk op fb – hy doen homself nou voor as Brandon Roestoff. Hy was eers Brandon van Rooyen. Wonder hoekom gebruik hy ‘n skuilnaam? Dalk is daar nog baie geraamtes in die kas…??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.