Gerugte van 12 ontvoerde SA’ners glo onwaar

Argieffoto van MFDC-rebelle

Die departement van internasionale betrekkinge het Sondag gerugte ontken dat 12 Suid-Afrikaners, wat landmyne in Senegal ontlont het, ontvoer is.

Clayson Monyela, die departement se woordvoerder, het reageer nadat Duitse media (DPA) berig het 12 werkers van ʼn Suid-Afrikaanse maatskappy, Mechem, in Senegal se Casamance-gebied ontvoer is.

“Die berigte is onwaar; geen Suid-Afrikaner is ontvoer nie,” het Monyela gesê.

Die DPA het ʼn Senegalse nuusagentskap aangehaal wat berig het dat 12 werkers van Mechem sedert Vrydag vermis is. Dit is onduidelik wie verantwoordelik is vir die beweerde ontvoering.

Die Movement of Democratic Forces of Casamance (MFDC) veg sedert 1982 vir onafhanklikheid in die land. Die MFDC het ʼn verbod geplaas om enige landmyne in die gebied te verwyder. ʼn Plaaslike beampte het aan media gesê vir die MFDC is “die verwydering van landmyne sinoniem met misdaad”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.