Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking ondersoek nog gerugte dat twee Suid-Afrikaners in Taiz in Jemen ontvoer is.
Maroela Media het Dinsdag berig dat gewapende mans Maandag glo die twee Suid-Afrikaners ontvoer het te midde van ʼn beweerde gronddispuut.
Volgens die polisie het hulle ʼn oproep ontvang van die assistent van ʼn parlementslid, Abdel-Hamid el-Batra, wat beweer El-Batra is verantwoordelik vir die ontvoering. Lees meer hier.
Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, het Maandag aan Maroela Media gesê die departement kon nog nie bevestig of die twee ontvoerdes wel van Suid-Afrika is nie.
“Ons versoek familielede wat geliefdes in die gebied het, en nie met hulle in verbinding kan tree nie, om die departement te kontak sodat ons dit verder kan ondersoek,” het hy gesê.
Lees ook:
SA-diplomate na Jemen oor ontvoerde paartjie
Ontvoerdes in Jemen wel van SA
Twee van SA glo in Jemen ontvoer